Informasie Gesoek
Wie Is Hierdie?

Klink die volgende woorde dalk bekend?:  

  • “As ons net vir Oupa hierdie dinge gevra het toe hy nog geleef het…”
  • “Oupagrootjie sou nog geweet het, maar as kinders het ons mos nie genoeg belang gestel in sulke goed nie…”
  • “My ma sou nog geweet het wie die persone op hierdie foto was, maar nou weet niemand meer wie hulle was nie…”
  • “Ek kan myself skop dat ek nie my groot-oom uitgevra het terwyl hy nog hier was nie. Ons wou altyd sy stories op band opneem maar niemand het ooit so ver gekom nie…”
  • “Man, daar was een of ander geweldige interessante storie omtrent ouma se tweede jongste dogter, maar weet jy, ek kan nou glad nie meer onthou wat dit was nie…”
  • “Ja, kyk, jou pa was die neef gewees van… wie was hy nou weer? Ag weet jy, ek kan die gesig so duidelik sien, maar nou kan ek glad nie meer sy naam onthou nie…”

Elke familie beklaag gewoonlik die feit dat hulle nie eerder moeite gedoen het om stories en familie informasie af te skryf en te bewaar nie. Ongelukkig is dit dikwels vir ewig te laat wanneer ‘n bepaalde geslag eers uitgesterf het. Daarom is dit uiters belangrik dat elkeen van ons NOU, sommer vandag nog, ‘n poging aanwend om die informasie te boekstaaf.

Kliek hier vir familie navrae wat ontvang is. Kan u moontlik help?

Kliek hier vir ongeïdentifiseerde Labuschagne fotos. Herken u enigiemand?

 

:

Kontak besonderhede:

Besoekers sedert Januarie 2007: Hit Counter

Bondbestuurskwessies:

Bondvoorsitter: Hennie Labuschagne
082 782 3210

Webtuiste en Navorsingsnavrae:

Herman Labuschagne
011 474 8094 (w)