NOTULE VAN SEWENDE VERGADERING VAN DIE LABUSCHAGNE

 FAMILIEBOND GEHOU TE PRETORIA OP 24 NOVEMBER 2007-11-27

MS Word weergawe

1                    Verwelkoming en verskonings

Hennie verwelkom lede teenwoordig, te wete Les en Monica, en rig ʼn spesiale woord van verwelkoming aan Hennie en Isabel Labuschagne van Kroonstad wat vir die eerste keer bywoon. Hulle het aanvaar om as komiteelede by die Familiebond aan te sluit, en is begerig om die doelstellings en ideale van die Bond met ons na te streef. Die volgende persone het verskoning aangebied: Herman, Esperanza, Willie en Francoise, asook Philip en Beth Labuschagne.

2.                  Goedkeuring van sakelys en vorige notule

Word voorgelê en aanvaar. Les doen weereens ʼn beroep om die  notules vinniger by die komiteelede te besorg na afloop van vergaderings. Hennie sal die nodige doen.

3.                  Sake uit notule

a)      Hennie verduidelik aan die Komitee dat Herman nou weer al die noodsaaklike  data rakende die Familiebond versamel het na die inbraak wat plaasgevind het tydens sy verplasing na George. Sy toerusting en papier het ook so pas by sy onderneming aldaar aangekom, en hy is begerig om die nodige ondersteuning aan die Bond in diè verband te lewer. Die Komitee notuleer ook sy nuwe kontrak besonderhede as volg: Werk tel. (044) 873-0425?6; Faks (044) 873-0429. Sy sel nommer van bly onveranderd – (082) 800-8621 en ook sy e-posadres bly onveranderd – herman@allpress-sa.com. Hennie benadruk weereens die feit dat die hoof adreslys en alle nader besonderhede van die Familiebond steeds by Herman bly, en vra die Komitee om nuwe lede na Herman te verwys vir plasing op die adreslys en stamboom, plus enige ander inligting tot sy beskikking. Die Komitee betuig opnuut hulle dank en waardering aan Herman in sy afwesigheid vir sy onbaatsugtige diens en lojaliteit teenoor die Familiebond.

b)       Familiewapen: Les gee terugvoering van die Buro van Heraldiek. Met die aanbring van klein veranderings, is die familiewapen nou voltooi. Dit sal die Familiebond nagenoeg R 2 000,00 kos om dit te registreer, en Herman het die voorgestelde familiewapen op sy beurt op die familie webwerf geplaas, met ʼn versoek vir bydraes deur belangstellendes. Les benadruk weereens die feit dat alle  sorg geneem is om al die noodsaaklike elemente van die familiegeskiedenis en simbole in ag geneem is met die finale ontwerp.

c)      Hennie bevestig dat die nodige  gedoen is om die korrekte aankoms datum van ons stamvader in die Kaap te verander na 14 Mei 1711 by die onderskeie instansies.

d)      Briefhoofde: Hennie toon ʼn voorbeeld van die briefhoofde soos dit nou daar sal uitsien tot tyd en wyl ons familiewapen goedgekeur en geregistreer is deur die Buro van Heraldiek. Hy beklemtoon weereens die noodsaaklikheid om kennis te neem om die navorsingsbrief wat deur Herman voorberei is, in gedagte te hou en enige inligting aan hom deur te gee. Dit sal hom in staat stel om baie lede van die Labuschagne familiestamboom te identifiseer.

e)      Herman het laat weet dat die e-pos geselsforum nog steeds gebruik word deur belangstellendes, apart van die Labuschagne webtuiste. Herman sal binnekort laat weet wat die fooie vir die nuwe jaar gaan beloop om dit in stand te hou, en die Komitee aanvaar verantwoordelikheid vir die vereffening  van sodanige rekening.

f)        Les sal volgende jaar weer probeer om met Pontac wynlandgoed kontak te maak. Op hierdie stadium is hulle administrasie nog nie “gerat” om ʼn behoorlike diens te lewer rakende verspreiding van hulle produkte d.m.v. die Familiebond, onder andere, nie.

4.                  Sake uit finansies

Die volgende onlangse syfers  word genotuleer: Ons beskik tans oor ʼn saldo van R960,33. Hennie wys die vergadering daarop dat bankkoste van R11,40 maandeliks gehef word omdat die minimum saldo onder die R1 000,00 kerf beloop. Les en Hennie (van (Kroonstad) maak elkeen terstond ʼn bydrae van R50,00 elk. Die gebaar word met dankbaarheid aanvaar. Die Komitee is dit eens dat ons uitsien na ʼn groot verbetering in ons finansies soos nuwe lede by ons aansluit. Hulle neem opnuut kennis van ons bankbesonderhede, tewete Absa Spaarrekening no. 91 7558 3510, Meyerton, met  takkode 63 2005. Hierdie inligting is ook op ons webwerf aangebring. Komiteelede word gevra om Monica in kennis te stel as bydraes gemaak word, sodat sy die nodige kwitansies kan uitreik. Ons ontvang soms bydraes sonder om te weet wie dit gedoen het, en ons wil graag aan elkeen die nodige erkenning verleen.

5.                  Nuwe Besigheid

a)      Volgens die Grondwet moet ons elke jaar ʼn familiebyeenkoms aanbied,  waartydens verslag gedoen word oor die aktiwiteite van die Komitee, en waartydens ʼn nuwe Komitee aangewys moet word. Na bespreking, aanvaar die vergadering om weer terug te keer na ʼn een-dag byeenkoms. Dit sal plaasvind op DV Sondag 16 Maart 2008. Na bespreking, word besluit om dit weer by die Voortrekkermonument in Pretoria te hou, waar die stigtingsvergadering gehou is in 2005. Ons sal die nodige doen om dit op die webwerf aan te bring voordat belangstellendes individueel gekontak word. Les stel ook voor om die gedagtes te  laat gaan om deur Hennie en Isabel die Sinode van die N.G.  Kerk te nader om die moontlikheid te bepaal om die Familiebyeenkoms deur middel van die Kerkblad te adverteer, asook die bestaan van die Familiebond. Hennie kan ook navraag doen om dit in die Volksblad te adverteer, terwyl die Voorsitter weer Radio Sonder Grense gaan nader om dit landwyd oor die radio uit te saai.

b)      Les lui ʼn bespreking in vir die Komiteelede om na te dink oor ʼn geskikte persoon om as beskermheer vir die Familiebond aangewys te kan word. Hy wys op die voordele wat dit vir die Bond inhou, en voorstelle in diè verband word ingewag. Hy dink byvoorbeeld aan iemand met die statuur van iemand soos Joop Labuschagne, afgetrede regter. Cilna Van Wijk, dogter van wyle  prof. Frans Labuschagne, het moontlik kontak met hom, en Les sal dit opvolg.

6.                  Volgende vergadering

Word belê vir Saterdag 12 of Sondag 13 Januarie 2008. Besonderhede sal aanstons deurgegee word. Hennie bedank Les en Rae vir hulle gasvryheid om die Komitee vir vandag te ontvang, en spreek sy dank en waardering uit teenoor almal teenwoordig. Saam kan ons terugkyk na ʼn jaar waarin veel vermag is, gesien in die lig van ons beperkte vermoëns. Hy wens almal ʼn geseënde Kersfees en Nuwe Jaar toe, sluit die vergadering om 12:30

VOORSITTER.

:

Kontak besonderhede:

Besoekers sedert Januarie 2007: Hit Counter

Bondbestuurskwessies:

Bondvoorsitter: Hennie Labuschagne
082 782 3210

Webtuiste en Navorsingsnavrae:

Herman Labuschagne
011 474 8094 (w)