TWEEDE NOTULE VAN DIE AKSIEKOMITEE VAN DIE LABUSCHAGNE FAMILIEBOND, GEHOU TE JOHANNESBURG
OP 2 JULIE
 
MS Word weergawe.

LEDE TEENWOORDIG

Herman, Les, Michiel, Grieta, Karen, Hennie, Monica en Esperanza Labuschagne.

VERSKONINGS

Des en Willie Labuschagne, asook Hannelie Du Plessis.

NOTULE VAN VORIGE VERGADERING EN SAKELYS VIR VANDAG

Die dokumente word voorgelę deur Esperanza en as sulks aanvaar.  Die notules sal voortaan vroeër voorberei en deurgestuur word aan die onderskeie komiteelede, sowel as die sakelys van die volgene vergadering. 

Dit sal aan die betrokkenes die geleentheid bied om die kwessies wat bespreek is, betyds af te handel voor die aanvang van die volgende vergadering.

SAKE VOORTSPRUITEND

1.                  Na bespreking, word besluit dat die ampsdraers van die komitee elke jaar herkies sal word.  Gerieflikerwys sal dit tydens die eerste vergadering vanelke jaar gedoen word.  

2.                  Die gewysigde grondwet van die Labuschagne Familiebond word voorgelę en as sulks aanvaar.  

3.                  Les en Herman sal die kwessie van die beoogde familiewapen opneem met die Buro van Heraldiek in Pretoria, en ter gelegenertyd aan die komitee verslag doen.  

4.                  2007 Familiebyeenkoms:  Na bespreking, word besluit om dit te hou gedurende die naweek van 3 en 4 Maart 2007.  Herman het baie moeite gedoen om inligting te bekom van verskillende vergaderplekke, en die komitee besluit op Natal Spa as eerste opsie en Maselspoort in Bloemfontein as tweede opsie.  

5.                  2010 Herdenking:  Die komitee is dit eens dat hierdie geleentheid die “vlagskip” van die Suid-Afrikaanse Labuschagne families moet wees.  Die hoofverrigtinge sal plaasvind op DV 3 Augustus 2010.  Die komitee neem kennis dat hierdie dag op ‘n Dinsdag val.  Dit sal saamval met die datum waarop ons stamvader Pierre (later genoem Pieter) Labuschagne, getroud is met Marie Anne Bacot, ons grootmoeder, in Leeuwarden (provinsie Friesland) van Nederland.  Dit is ook die datum waarop die eiendom Pontac, Paarl, getransporteer is, en wel op 3 Augustus 1723.  Bowedien het Pieter ook in Augustus 1710 voet aan wal gesit in die Kaap.  

Hoewel die presiese datum van sy aankoms op hierdie stadium nog onbekend is, is die komitee dit eens dat weinige Suid-Afrikaanse families feitlik tot op dag en datum hulle herkoms in Suid-Afrika so presies kan bepaal, en word die verrigtinge bepaal rondom hierdie datum.

Die gedagte is dat die verrigtinge reeds die vorige naweek in die  Paarl ‘n aanvang sal neem, en die visie van die komitee is dat ons op daardie stadium al ander funksionele streekskomitees op verskillende plekke in die land sal hę, en dat verrigtinge ook daar (soos in Gauteng Provinsie) plaaslik aangebied sal kan word vir diegene wat dit nie in die Paarl kan bywoon nie.  

Die algemene gevoel is dat dit verrigtinge van die 3de Augustus van hoogstaande gehalte moet wees, om reg te laat geskied aan die kultuur-historiese, taal en godsdienstige aspekte van die 300-jarige bestaan van die Labuschagne nasate in Suid-Afrika.  Daar word beoog om sprekers van hoogstaande agting en gehalte te betrek by die geleentheid, en daar word by voorbaat gedink om Prof. Casper Labuschagne van Amsterdam, Nederland, uit te nooi om die verrigtinge te open met die gedagte om die godsdienstige waardes van die Labuschagnes te weërspieel.  Herman sal hom insgelyks in kennis stel van die besluit.

Komiteelede word ook versoek om hulle gedagtes vrye teuels te gee met die beplanning van die verrigtinge, en ook te dink aan ander aspekte van die geskiedenis van die Labuschagnes, soos bevoorbeeld persone wat hulle merk gemaak het met die uitbouing van taal, musiek, kunste, onderwys, die regte, medisyne, ensomeer.  Die komitee neem ook kennis van die moontlikheid van ‘n “geskiedkundige toer” in die onmiddelike omgewing met die Hugenote Monument en die Hugenote Museum in die nabyheid.   

Herman deel die komtee mee dat die huidige eienaars van Pontac ‘n boetiek hotel opgerig het op die perseel, met die naam Pontac Manor Hotel.  Hulle het reeds aangebied om alles in hulle vermoë te doen om dit ‘n opwindende, heuglike geleentheid te maak, wat vir almal van blywende waarde sal wees.  Daar word ook in die vooruitsig gestel om ‘n paslike monument te onthul op die gronde as blywende aandenking van die planting van die Labuschagne familie in Suid-Afrika.  

Les is ook van mening dat ons moet dink aan die publikasie van ‘n verkorte weergawe van die familiegeskiedenis in Europa tot op die transportering van die eiendom, waarvan al die Suid-Afrikaansa families afstam.  Hy het ook iemand in gedagte wat hom hiermee kan bestaan. 

Griete deel die komitee mee dat dit nog te vroeg is om te sę of die węreldsokkerbeker spele van daardie jaar enige invloed sal hę op die verrigtinge.  As die pas afgelope spele in Duitsland enige aanduiding is, sal dit waarskynlik in Julie2010 plaasvind, in welke geval dit geen invloed sal hę op ons verrigtinge nie.

Daar word ook gedink aan ‘n beperkte uitgawe van ‘n “Pontac wyn”, en as ons teen daardie tyd al ‘n familiewapen het, kan ons dit vertoon op die etiket.  Die inkomste wat op hierdie manier genereer word, sal in die familiebond se rekening gedeponeer word, en sal natuurlik ook ‘n groot waarde hę as aandenking

FINANSIES

Na deeglike bespreking, besluit die Komitee om die Labuschagne Familiebond oop te stel vir alle belangstellendes, dat geen lidmaatskapfooie betaalbaar sal wees nie, en dat ons slegs op donasies aangewese sal wees as primęre bron van inkomste.  Daar sal ook gekyk word na innoverende fondsinsamlings aksies, beyvoorbeeld wynverkope deur die huidige “Pontac Manor Wines” organisasie.  Les sal ons op hoogte hou van die verskillende moontlikhede aldaar, dra Herman en Les elk R100.00 by, as eerste donasies tot die stigting van die fonds.  Grieta sal navraag doen oor die mees geskikte finansiële instelling en die tipe rekening wat ons gaan gebruik.  Sy sal ook ‘n kwitansieboek en kasboek aanskaf uit hierdie fondse om ons finansiële rekords af te skop.

NUWE BESIGHEID

Hennie lei ‘n bespreking in oor maniere om ons huidige adreslys uit te brei.  Hy is van mening dat ons mikpunt moet wees dat elke Labuschagne familie bewus moet wees van die bestaan van die Familiebond en sy bedrywighede.  Na bespreking, word die volgende sake uitgelig:

-                     Baie mense beskik nie oor ‘n rekenaar nie, en baie wat wel een besit, het nie toegang tot die internet nie.  Dit geld veral vir ons ouer mense, en dit is juis hulle wat soms oor baie inligting beskik oor die Labuschagne families,

-                     Hennie sal navraag doen oor die dienlikheid van ‘n radioprogram, aangesien die radio baie mense bereik waarvan ons nie bewus is nie.  Sulke programme is veral nuttig as dit in die vooraand is van groot byeenkomste of geleenthede.

-                     Die komitee neem met dank kennis van die groot werk wat Les al in die Kaap gedeon het deur die naslaan van telefoongidse in die Wes-Kaap omgewing en met die deurgee van die inligting aan Herman vir die byvoeging tot die adreslys.

-                     Die komitee bly bewus van die onvermoeide uiwer wat Herman aan die dag lę om die lys gedurig op datum te hou.  Insgelyks word komiteelede aangemoedig om altyd bedag te wees om as aktiewe verteenworrdigers van die Familiebond op te tree.

-                     Herman sal kers opsteek by ander familiebonde oor hoe hulle die probleem aanspreek, in die lig van sy uitstekende kontakte met die SA Genealogiese Poslys.

-                     Herman skep die geleentheid vir die komiteelede om kontakbesonderhede uit te ruil, en moedig lede aan om mekaar in kennis te stel van enige veranderings in die verband.

Die komitee neem kennis dat Karen en Herman na afloop van die vergadering sal agterbly om die bestaande web-bladsy van die familiebond meer verbruikers-vriendelik te maak.

Hennie bedank die lede vir hulle teenwoordigheid en insette gedurende die besprekings en spreek die vertroue uit dat die grondslag gelę is vir ‘n goed-geďntegreerde komitee wat optimaal kan funksioneer om die doelwitte van die familiebond uit te bou en te verwesenlik.

VOLGENDE VERGADERING

Die volgende vergadering word belę in Pretoria vir Sondag 29 Oktober, waartydens Les sal optree as gasheer.  Die vergadering word verdaag om 13.30.

VOORSITTER

 

:

Kontak besonderhede:

Besoekers sedert Januarie 2007: Hit Counter

Bondbestuurskwessies:

Bondvoorsitter: Hennie Labuschagne
082 782 3210

Webtuiste en Navorsingsnavrae:

Herman Labuschagne
011 474 8094 (w)