Vegkop

Voetspore van die Labuschagne

Die voetspore van die Labuschagnes lê vandag reeds oor die ganse planeet versprei. Ons stamvader se loopbaan het begin as kleremaker. Later was hy 'n tamboer in diens van die VOC, huisskoolmeester, koster, vryboer, en uiteindelik het hy sy loopbaan geëindig as wynboer op sy eie klein wyn landgoed, Pontac. 

Vir baie jare daarna was die Labuschagnes hoofsaaklik veeboere wat 'n romantiese, dog gevaarlike lewe as trekboere op die Oosgrens moes lei. Na die Groot Trek het die familie die hele Suid-Afrika vol versprei en kon die jonger geslagte toenemend begin spesialiseer in alternatiewe beroepe.

Uit die nagkomelinge van Pierre Labuscaigne het talle doktors en professors ontstaan, spesialiste in mediese en tegniese vakgebiede, suksesvolle sakemanne, skrywers, musikante, onderwysers, prokureurs, regters, advokate, militêre offisiere van alle range, predikante, boere, verpleegsters, politici en wetenskaplikes.

Spore van reise na ander wêrelddele kan reeds so vroeg as die middel 1800's gevind word, waar 'n Labuschagne huwelik in Nederland plaasgevind het. En vroeg in die 1900's duik Labuschagne name in Amerika op. Teen die 1930's verskyn Labuschage sterftes reeds in die VSA. Die Gemenebes ongevalle rekords toon aan dat Labuschagnes gesneuwel het tot in Italië en is daar rekord van minstens een Labuschagne soldaat wat in Engeland met 'n Britse dame getroud is. En vandag is Labuschagnes in meeste bekende wêrelddele te vinde. 

 

:

Kontak besonderhede:

Besoekers sedert Januarie 2007: Hit Counter

Bondbestuurskwessies:

Bondvoorsitter: Hennie Labuschagne
082 782 3210

Webtuiste en Navorsingsnavrae:

Herman Labuschagne
011 474 8094 (w)