|
| |
Die Labuschagne Familiebond ontvang gereeld versoeke vir informasie van oor
die hele wêreld. Dikwels kan die verlangde informasie egter nog nie gevind word
nie. Navrae word geliasseer en omtrent twee maal per jaar weer vergelyk met die
groeiende familie databasis. Intussen is enige persoon (selfs al is hulle nie
bondslede nie), baie welkom om navrae hier te publiseer. Daar word net versoek
dat indien die navraag opgelos word, die bondsekretaris daarvan in kennsi gestel
word sodat die databasis dienooreenkomstig opgedateer kan word. Wees asseblief
ook so gaaf om volledige kontakbesonderhede te verskaf (posbus en telefoon
nommers). Dit is uiters frustrerend as 'n navraag na 'n jaar of drie uiteindelik
beantwoord kan word met nuwe informasie, maar die navraer se epos adres bestaan
nie meer nie.
From: Herklaas Labuschagne [h-en-a@webmail.co.za]
Sent: 07 May 2006 07:33 AM
To: genealogy@sfmetalpressings.com
Subject: Labuschagne
Geagte Herman,ek het by familie van my in Bloemfontein gehoor dat jy navorsing oor die Labuschagnne's doen.
My familie is die van Pomfret in Noord-wes provinsie.
My pa is Giel (Gideon) en ek is Herklaas (Hercules).
Graag stel ek ook in verdere navorsing oor ons belang.
My oupa-grootjie was van Bethlehem afkomstig en is met
1914 rebellie saam met Genl. de Wet by 'n plekkie met naam van Waterbury gevang.Daar is so 'n klein monumentjie ter ere hiervan opgerig.
Voorspoed verder met jou navorsing.Groete Herklaas Labuschagne.
From: SAGenealogie@yahoogroups.com on behalf of Ferdie van Wyk
[ferdievw@telkomsa.net]
Sent: 03 April 2006 09:11 PM
To: SAGenealogie@yahoogroups.com
Subject: RE: [SA-Gen] Labuschagne.
Naand Herman,
Ek volg hierdie storie op om my eie navorsing tov die Van Wyk's van Tarkastad meer volledig te maak..
Eerstens is daar die 1e Uitgawe van die Van Wyk CD (GGSA N-Tvl) wat Stephanus.Johannes van Wyk en Cornelia aan mekaar koppel. X 10/8/1800.
Volgens hierdie bron is sy ? Paarl, 23.10.1785 en † Tarka, Cradock, 23.04.1843. Dan is daar die vertelling van a1b5c3d1e1f4g5h13 Anna Hester VAN WYK wat ongeveer in die jare 70 opgeteken is. Sy het nog kennis gedra van S.J. van Wyk se kleinseun wat waarskynlik die storie van die aanval op die laer verhaal het. Verder maak ek ook gebruik van die informasie in "Bewaarders van Ons Erfenis, Deel 16." Tant Anna vertel dat S.J. van Wyk en Cornelia gevestig was op die plaas Louwatersberg en volgens "Bewaarders....." was die plaas inderdaad in die Vlekpoort wyk, bls 54.
Ek het ook in die Takastad begraafplaas op 'n graf afgekom wat bloot die volgende grafskrif het "Ter gedachtenis van S.J. van Wijk ook van sijn echtenoot" Ongelukkig is daar geen datum of naam van die "echtenoot" by nie. Volgens
In "Bewaarders...." word dikwels verwys na die Cape Colonial Gazette. Nou verwonder ek my of dit 'n soort staatskoerant was of 'n nuusblad? Toe ek nog op laerskool was het ons in die geskiedenisboeke geleer van die gransoorloë.
Sou die soort voorval nie dalk daar opgeteken gewees het nie? As Tant Anna se storie water hou dat daar omtrent 400 vrouens, kinders, ou mans en bediendes in die laer was, sou dit darem seker iewers opgeteken gewees het.
Wanneer sou die eerste koerant in die omgewing die lig gesien het?
Hoekom die verhaal my interesseer is omdat die twee ooms wat haar huilend in die laer gekry en aangeneem het blykbaar twee Labuschagnes was en sy het vir hulle gewerk. S. J van Wijk het haar daar gaan haal om te trou. Aldus tant Anna.Ek het ook vanaand met Dr. Kas Bakkes gesels en hy vertel van so 'n laer wat op die plaas Kerkplaas na Alexandria se kant toe was. Hy weet egter niks verder daarvan nie. Daar was in daardie tyd 'n Schorbeck (sic) wat van die voorval geweet het en sy verhaal is skynbaar opgeteken in "Uit het Land van Piet Retief" geskryf deur Mev L.Rompel-Koopman en in 1919 uitgegee in Pretoria.
Wys jou net waar mens orals moet gaan soek!!!!
Ferdie van Wyk
Navorsing: Van Wyks van Tarkastad
Doringkloof, Centurion.
012-667-5991 of 082-556-8031
From:
Duncan [mailto:ferreirad@telkomsa.net]
Sent: Sunday, May 07, 2006 2:16
PM
To: mellivora@mweb.co.za
Subject: Op soek na Erik
Labuschagne
Hi
My
naam is Willem Lötter en ek is op soek na n ou friend van my.
Sy naam is Erik labuschagne.
Hy is nou so 43/44 jaar oud , blonde hare en blou oe.
Hy was n chef in die lugmag in Skiener straat
Pretoria
in 1983/84.
Sy pa se naam is Pieter en sy broer is ook Pieter en as ek reg onthou is daar
nog n broer met die naam Chris. Hulle het in
Pretoria
gewoon. Ek het kaap toe getrek en het kontak met Erik verloor.
Groot aseblief as u dalk weet van hom, help my om weer kontak te maak asb.
My telkom land lyn is
028 5221 911
cell 0725635392
Ek dank u.
Groete
Willem
From: Herklaas [h-ena@webmail.co.za]
Sent: 21 May 2006 08:06 AM
To: Herman Labuschagne
Cc: genealogy@sfmetalpressings.com
Subject: Familie navorsing
Follow Up Flag: Follow up
Flag Status: Red
Hi daar,Herman!
Ag , ek wil net dankie sê vir jou belangsteling om my darem te kontak oor my e-mail.
Ek hou my oor op die grond en sal sou spoedig moontlik met van my pa se familie kontak maak en familie-name opspoor.
My pa is Gideon Lourens Labuschagne en hy sê dat Pieter is die eintlike familie-naam vir sy tak van die familie.
My ouma Labuschagne was 'n nooi Strydom gewees.Sy is in 1994 oorlede en op ons familie-plaas buite Pomfret begrawe.Die plaas se naam is Mahakani.
Haar pa was 'n transportryer gewees ,in daardie wêreld het hulle met donkies die waens getrek,nie met osse nie.Hy het ook vir die regering boorgatte met 'n stoomboor geboor.Dit is in die Molopo,Kalahari gebied.
Nogmaals baie dankie dat jy die initiatief geneem het om die Labuschagne's na te vors.
Groete
Herklaas Labuschagne.
-----Original
Message-----
From: Louis Labuschagne
[mailto:llabuschagne@fermel.co.za]
Sent: 22 November 2004 01:28 PM
To: Herman Labuschagne
Subject: Re: Labuschagne navraag
Hallo
Hannes,
Ek het by een van my ooms die volgende gekry:
My oupa was Christoffel Johannes Labuschagne
My ouma was Susana Johanna Nel
Ongelukkig is daar nie veel meer wat hulle my kon mee help nie aangesien hulle
in n kinderhuis groot geword het.
By voorbaat dank
Louis Labuschagne(soek nog van waar) :o)
Hi
Herman,
I must say I find your research fascinating. I am a Labuschagne as well but
would like to know exactly where my ancestors originated from and who they
were. I might have royal blood in me and didn't even know. I would like to
have more information on how to go about this. I am Louis labuschagne like
my dad that was Louis Lionel. I am not sure what my grandfathers name was
but I think it was Gysbertus. He was a road builder in the 1940's and also
had part in building the Strydom tunnel. My Grandmother was Susana Johanna
Labuschagne and passed away in 2002. My dad was born 1949/08/05 and passes
away 1993/12/18 at the age of 43. They were a couple of brothers and one
sister. I think it was Gysbertus(eldest) Bunny, Manie , Stoffel , Louis ,
Philippus, Phyllis, Jan , Stephanus Johannes there were one or two more but
I am not sure of the names. We are 2 brothers and one sister. And my uncles
all had 2 daughters and one son. I myself also has a son 5 years old, named
Louis Benjamin Labuschagne.
I would really appreciate your help in this respect.
Keep well
Louis Labuschagne
From: Labuschagne Johan [johanlab@naschem.denel.co.za]
Sent: 11 January 2006 11:08 AM
To: S&F
Subject: RE: Family register:LABUSCHAGNE
Follow Up Flag: Follow up
Flag Status: Red
Herman,
Ja ek is Afrikaans.Daar werk ook 3 ander Labuschagne”s by Naschem.
Hier is al wat ek van die Labuschagne ‘s weet ;
My oupa was Jan Hendrik (Potch ) maar blykbaar van
oos-kaap(Maclear
My pa gebore 16/12/1921 (Potch)Gert Albertus Johannes.
Ons is twee broers Ek Johan Hendrik 13/10/1951 en Andre
George 21/10/1957. alby van Randfontein.
Ek het 2 seuns Juan Albert 26/2/1978 Charl 17/1/1980.
Dis al wat ek weet.Sal probeer om nog info van my oupa te kry.
From: Jeff Edmonds [jeff@jeffedmonds.eclipse.co.uk]
Sent: 10 November 2005 03:58 PM
To: Herman Labuschagne at S&F
Subject: PIETER ANDRIES HENDRIK LABUSCHAGNE
Dear
Herman
First and foremost thank you very much for your long and interesting email.
I was delighted to hear from you. Thank you for the trouble you have
obviously gone to. You have filled me with real hope beyond imagination.
Your offer to help further is much appreciated and I set-out below the further
information your spoke of as follows:
I did consult the Red Cross in the late 1980’s and they did send me a copy
of my father’s Service Record
(stamped by the Department of Defence on 3/5/1989), the key details from which
are :
No : 24202
Regt : Regiment Pres Steyn
Rank : Private
D.o.B : 4 January 1922
Next-of-Kin : F J Labuschagne (Father), Komiteestraat ZASTRON (
Orange Free State
)
Next-of-Kin : at 31 August 1945 - Mrs L Labuschagne (Wife),
93 Livingstone Road
,
Hove
,
Sussex
,
England
.
Date of Attestation : 18 November 1940
MOVEMENTS
Embarked
Durban
:
7 June 1941
Disembarked Port
Suez
: 24 June 1941
Missing confirmed POW : 11 December 1941
Released POW – arrived
UK
: 4 May 1945
Disembarked
Cape Town
: 11 September 1945
Discharged
: 11 November 1946
Although the Red Cross did not obtain a ‘result’ in my search then, they
did supply the following description from the South African Defence Force -
Height 5’ 10 “, Fair complexion, Eyes blue, Hair fair and tattoos on both
forearms.
Details from the marriage certificate
are as follows:
Date : 12 July 1945
Place :
Hove
Registry Office
Wife’s full maiden name : Lily Samuels
My father’s age is given as 23, which ties in with a D.o.B. in 1922.
As I understand it my mother
has never been to
South Africa
and died in
Sussex
,
England
in 1990. As I understand it some sort of early estrangement took place,
the details of which were never explained to me. Thank you again for all your
help. You have my permission to pursue things as far as may seem
appropriate.
Warmest Regards
Christina Edmonds (nee Labuschagne)
From: SAGenealogie@yahoogroups.com on behalf of Daniel Jacobs
[dmjacobs@gendata.co.za]
Sent: 08 November 2005 10:21 PM
To: SAGenealogie@yahoogroups.com
Subject: [SA-Gen] VOSLOO - LABUSCHAGNE
Follow Up Flag: Follow up
Flag Status: Red
Beste Herman
Die grootste Vosloo-tak oor wie se plasing ek nie seker is nie het 'n Leonardus Labuschagne-konneksie. Jy kan nie dalk lig werp op die saak nie asseblief?
"b1c8d9e1 Wessel Arnoldus Johannes * Kaap Kolonie 17.4.1819 = George
(Plettenbergsbaay) 1.8.1819 ? Cypherfontein, Winburg-distrik 22.6.1892 x Somerset-Oos 4.12.1836 Anna Maria Labuschagne * Kaapkolonie 1816 ?
Cypherfontein 9.2.1890 d.v. Leonhardus Johannes Labuschagne en Anna Maria NN
Alhoewel ons nie voldoende bewyse kon kry dat hy met AM Labuschagne getroud was nie, is hy die enigste persoon van wie ons inligting het wat moontlik met haar getroud kon gewees het. Daar is ook teenstrydighede wat dit moeilik maak om AM Labuschagne se man positief te verbind met hierdie persoon. AM Labuschagne se man is bv. volgens sy sterftekennis op 4 Junie 1813 gebore en sy name was Wessel Johannes Arnoldus en verder het hulle nie hul kinders vernoem na hierdie persoon se ouers nie. Hy het bv. sy oudste seun na homself vernoem. 'n Rede daarvoor kan wees omdat hy die Suid-Kaap verlaat het. Hy trou nl. in Somerset-Oos en doop sy kinders in die Cradock-gemeente.
Hy kon dus moontlik sy bande met sy familie verbreek het. Hy sterf ook uiteindelik in die Winburg-distrik in die Vrystaat. Geen Vosloo het ook as doopgetuie opgetree by hul kinders se dope nie. Dit ontneem ons ook van nog 'n instrument wat kon gehelp het met die maak van 'n positiewe indentifikasie.
Dalk het hy weggeloop van die huis, want as dit dieselfde persoon is, het hy getrou toe hy ongeveer 17 jaar en 7 maande oud was. Hy sou verder nie op daardie ouderdom in die huwelik kon tree sonder sy pa se toestemming nie, met die gevolg dat dit dalk die verklaring kan wees waarom sy ouderdom op sy ou dag so hoog was. Dalk het hy vir sy aangetroude familie laat verstaan dat hy 6 jaar ouer was as wat hy inderdaad was!
Ons weet ook dat bostaande persoon nog geleef het toe sy pa op 29 September
1837 oorlede is. Sy naam kom nl. voor op sy pa se sterftekennis. Wie weet, miskien het sy pa nog aan 'n gebroke hart gesterf oor sy oudste seun wat die vorige jaar weggeloop het van die huis. Verdere navorsing sal onderneem moet word om vas te stel of hy sonder twyfel hier by die geslagsregister inpas."
Groete
Daniel Jacobs
Webtuiste: www.gendata.co.za
E-pos: dmjacobs@gendata.co.za
Tel: 0842499579
From: Labuschagne-pos@yahoogroups.com on behalf of Adelia du Toit
[aldutoit@cs.co.za]
Sent: 24 November 2005 12:04 PM
To: Labuschagne-pos@yahoogroups.com
Subject: [Labuschagne-pos] Francois Johannes Labuschagne - Charl Cilliers
Follow Up Flag: Follow up
Flag Status: Red
Hi
Herman,
My naam is Adelia. My aanstaande man se naam is Francois Johannes
Labuschagne. Ons was nou die dag saam met sy pa (ook Francois Johannes
Labuschagne) na Charl Cilliers (naby Standerton) om te gaan kyk waar die oom
se Oupagroetjie ens. begrawe is. Daar het ons seker omtrent 2 of 3
geslagte begrawe sien lê. Die snaakste ding is dat Lappies (my man) nou
al die 5de geslag is met die naam Francois Johannes.
Hulle sal graag wil weet van watter stamregister hulle af kom. Ek het
bietjie nageslaan en afgekom op jou webwerf (baie interessant). Ek kon
ongelukkig op geen inligting van FJ Labuschagne afkom nie.
Is daar ‘n moontlikheid dat jy ons
kan
help?
Baie Dankie J
Adelia Du Toit
From: "Tiaan Labuschagne Consulting"
<archicad@yebo.co.za>
To: hlabuschagne@yahoo.com
Subject:
Date: Tue, 30 Dec 2003 15:23:45 +0200
Herman,
Ek verlang alle moontlike inligting rakende
ons van. My pa was Joseph Christoffel en my oupa Frederik Johannes. Die name
Marthinus en Frans kom ook baie in ons familie voor. Ek is egter vernoem na my
oupa aan moederskant.
dankie
Tiaan Labuschagne
From: "D&H Garner" <dhgarner@icon.co.za>
To: hlabuschagne@yahoo.com
Subject:LABUSCHAGNE/KRIEL
Date:Sun, 27 Oct 2002 19:26:55 +0200
Herman,
Ek wonder of jy met die volgende egpaar kan help:
Hermanus Jacobus KRIEL * Frankfort + Edenville, O.V.S. Begrawe
Edenville x Anna Susanna LABUSCHAGNE * Lydenburg + Pretoria, Begrawe waarskynlik
Zandfontein, Pretoria.
Ek sou graag hulle datums wil hê, en wil weet vanwaar die labuschagne's
gekom het, om sodoende te bepaal wie hierdie H.J. Kriel se ouers is.
Sy pa was vermoedelik 'n Piet Kriel (weet nie of dit Pieter of Petrus is nie)
Baie dankie.
Helena Garner (nee Kriel)
Pretoria
Date: Sun, 04 Jan 2004 16:02:52 -0700
From: "A. Labuschagne" <snowgoose-al@shaw.ca>
Subject: RE. GENEALOGY OF THE LABUSCHAGNE FAMILY
To: hlabuschagne@yahoo.com
DEAR HERMAN LABUSCHAGNE , I AM
NOT IN APOSITION TO ASSIST YOU IN YOUR QUEST FOR INFO ON THE
LABUSCHAGNE FAMILY AS I AM ONLY NOW COMMENCING THIS UNDERTAKING .
MY LATE FATHER WAS J.H. LABUSCHAGNE AS WAS HIS FATHER AND GRAND FATHER FROM WHAT
I CAN ESTABLISH THEY ALL PASSED AWAY ON THE EAST RAND.MY GRANDPARENTS
AND GREAT GRAND PARENTS WHERE AFRIKAANS SPEAKING. I WOULD BE MOST GREATFUL
FOR ANY INFO / ADVICE OR DOCUMENTATION YOU MIGHT RECOMMEND ,
IUNDERSTAND THAT THERE MIGHT BE A DOCUMENT OR BOOK ON THIS SUBJECT. I HAVE
UNCOVERED A LABUSCHAGNE IN QUEBEC CA. AND IN LOUISIANA USA. ,PARADOXICALY
BOTH THESE AREAS WHERE FRENCH OWNED AND SETTLED LARGELY BY FRENCH SPEAKING
PEOPLE. IF THERE IS ANYTHING I CAN DO FOR YOU IN CANADA I WOULD BE GLAD TO DO SO
. AS A MATTER OF INTEREST THE TEMPERATURE HERE IN THE NORTH WEST PART OF
CANADA IS MINUS 37 DEGREES CELCIUS ! I AM AWARE THAT IT IS LEKKER WARM IN
SOUTH AFRICA
Date: Wed, 18 Sep 2002 23:12:08 +1000
Subject: Labuschagne genealogy
From: "David Ntondwe" <mojo@alphalink.com.au>
To: hlabuschagne@yahoo.com
Dear Herman
a quick search on Labuschagne took me to the ancestry.com site, and
your postings intrigued me.
My grandfather's name was Barend(?) Labuschagne i believe. I was born
in Ndola {N. Rhodesia as it was called then) in 1948. He was hit by a
car and died in Kenya in the early 50's, so i have no recollections or
subsequent knowledge of the man. He worked on the E. Africa railways
as a ganger or foreman, and had at least one child, a daughter by name
of Elizabeth Labuschagne (b. 1932)
Seeing as i was separated from my mother at a young age, i have a
rather large gap in what i know of my ancestors. Currently i'm
residing in Australia. I had assumed that the surname was of Flemish
or Franco-German origin.
So, there's little i can tell you, and so much to learn. Any info you
can forward me would be keenly appreciated.
Yours in communications
David Barend Mow
------Original Message-----
From: Michelle Mawman [mailto:MICHELLEMAW@telkomsa.net]
Sent: Monday, April 12, 2004 12:39 PM
To: swardete@icon.co.za; mellivora@mweb.co.za; colleenthorne@bigpond.co.au; mcswart@bigfoot.com
Subject: Pelser / Labuschagne family surname
Hello all
whilst researching the following family surnames Pelser and Labuschagne i came
accross your email address's. I am trying to research my great grandparents
family's who were Willem Jacobus Pelser and Maria Magdalena Petronella
Labuschagne. Both of whom i am told died between 1965 and 1970 ?? I am also told
that the are buried in Bloemfontein.
There children were Rosa Petronella Pelser (my grandmother), Jackie Pelser,
Frankie Pelser, Bessie Pelser, Freda Pelser, Willy Pelser, Andries Pelser and
Joey Pelser
If anyone is able to give me any information on them and their parents and
grandparents I would be most greatful.My return email address is hectic_gear@mweb.co.za
Regards
Michelle Mawman
----Original Message-----
From: Petrus Labuschagne [mailto:PetrusLabuschagne@metro.co.za]
Sent: Monday, July 22, 2002 10:24 AM
To: Herman
Subject: RE: Labuschagne family
Hello daar. Jammer ek kom nou eers terug nou jou, maar ek het probeer om meer
inligting in te win. Hier is wat ek weet. Ek is Petrus Jacobus, my pa
is Andries Nicolaas en sy pa is ook Petrus Jacobus. My pa is gebore 15 Maart
1940 in JHB sy pa is gebore 21 Desember 1914 in Barcly Oos, Kaap. en sterf 8
April 1956 My pa se oupa was 92 toe my pa 10 of so was(volgens my pa) Ek kry nie
sy naam nie maar sy broer was Jan, Dolf , Kas en Andries. Met die
bogenoemde kon ek nie 'n 'link' op jou databasis kry nie, Daar was 'n paar
moontlike opsies. Miskien kan jy my help? Groete, Petrus
My email petrusl@mweb.co.za
or plabuschagne@metro.co.za
----Original Message-----
From: Kobus Kok [mailto:jckok@freemail.absa.co.za
]
Sent: Wednesday, March 13, 2002 1:31 PM
To: GenForum@yahoogroups.com; hlabuschagne@yahoo.com
Subject: Labuschagne
Herman of enige iemand anders wat kan help,
Ek is op soek na die volgende Labuscagne inligting:
COENRAAD FREDERIK (*1832-03-09 +1902-01-12) en JOHANNES THEODORUS
(*1824-08-05 + Sept. 1897) - Was hulle dalk broers? En wie was hulle
voorgeslagte?
Die inligting wat ek het, is:
1. dat CFL met MARIA ELIZABETH MAGDALENA CRAFFORD (*1835-03-10) getroud is
en ANNA WILHELMINA CHRISTINA (*1862-11-28) een van die kinders was wat weer met
CORNELIUS JOUBERT (*1857-10-07 + 1895-06-20) getroud is. Uit hierdie huwelik was
DAVID JOZUA JOUBERT (*1881-09-10 + 1957-08-18) een van die kinders, my oupa.
2. Verder was volgends my rekords JTL weer getroud met CATHARINA JACOBA HATTINGH
(*?) en een van die kinders was JOHANNES MICHIEL (*1856-12-02 + 1922-08-04)
wat op sy beurt met MARTHA SUSANNA BEYTEL (*1852-02-27 + 1919-06-08) in die eg
verbind was, waaruit JOHANNA MARTINA (*1888-10-14 + 1972-10-15), my ouma, gebore
is. My oupa en ouma was dus vermoedelik neef en niggie. Ek sal dit waardeer is
dat bevestig kan word.
Groete,
Kobus Kok
----Original Message-----
From: Alet Swanepoel [mailto:alet@intekom.co.za]
Sent: Sunday, March 10, 2002 2:37 AM
To: genForum@yahoogroups.com
Subject: [GenForum] Desperate LABUSCHAGNE navraag
Beste Lyslede
Ek is steeds besig om met my kwartierstaat te worstel en ek loop myself
eenvoudig teen 'n muur vas!
My ouma grootjie was :-
Anna Susanna Johanna LABUSCHAGNE * ca 1860 x Ladybrand, Vrystaat 24 Jun 1885
Willem Carel COMBRINCK * 29 Sep 1853 + Thaba Nchu 27 Sep 1898 xx
Bloemfontein 23.6.1902 Johannes Michiel HATTINGH * 26 Feb 1848 + Dampan, Boshof
2 Sep 1932
WIE WAS HAAR OUERS ?
Ek het nou al oral probeer om dit vas te stel.
1. Iemand wat vir my in die Vrystaat sterfkennisse afkskryf, kry eenvoudig
nie haar sterfkennis nie. Sy is na HATTINGH oorlede.
2. Ek kry nie haar naam in Lombard/Heese nie - tensy ek teen my
"oogvelle" vaskyk soos Ma altoos gesê het.
3. Ruth Labuschagne het vir my in die Labuschagne boek gekyk, en kry
blykbaar ook niks daar nie.
4. My familie kan my ook nie help nie. Sy is blykbaar in
Bloemfontein begrawe en om daardie rede is ek oortuig dat sy in die Vrystaat
oorlede is.
Wat die saak baie bemoeilik, is dat sy slegs een kind gehad het Jan Frederik
COMBRINCK * 23.9.1897 (my oupa) en help die doopgetuies met sy doop ook nie veel
nie. Ek gee dit in elk geval: Jan Frederik Combrinck, Hester Maria
Combrinck, Rudolf Marthinus Brits, Johannes Zagarias Combrinck.
Hier moet ek verder meld dat volgens ons Familiebybel en toe sy met COMBRINCK
getroud is, is haar name Anna Susanna Johanna LABUSCHAGNE en was sy van
"Mynland" Ladybrand, Vrystaat afkomstig. Ten tye van haar tweede
huwelik met die wewenaar Johannes Michiel HATTINGH, word haar name slegs
aangedui as Susanna Johanna LABUSCHAGNE. Dit word ook so in Lombard/Heese
aangdui Deel 4 bl 162, maar word sy as sy eerste eggenote aangedui, wat foutief
is.
LABUSCHAGNE en HATTINGH het by haar enigste seun op die plaas Dampan gewoon en
was HATTINGH ook die enigte oupa wat my moeder geken het.
DALK is daar iemand op die Forum wat my kan help, want my grootste begeerte is,
om vir my moeder op haar volgende verjaarsdag haar kwartierstaat persent te gee.
Groete,
Alet
PAARL
----Original Message-----
From: Lappies Labuschagne [mailto:justnuts@senwes.co.za]
Sent: Tuesday, December 11, 2001 9:08 AM
To: hlabuschagne@yahoo.com
Subject: Labuschagne Familie inligting
Ek is Matthys Jacobus Labuschagne, gebore 05/07/1949. My Pa was Phillipus
Johannes gebore op 14/02/1922, oorlede op 04/12/1993. My Oupa was Matthys
Jacobus, gebore 0p 04/11/1889, oorlede op 26/07/1952 begrawe in Bethal. Hy was
eers bywoner en later plaaseienaar op Morgenzon. (Bethal). My Ouma was 'n nooi
du Plooy, Elizabeth Helena, gebore op 21/05/1893, oorlede op 02/07/1954, begrawe
in Bethal. Hulle het vyf seuns gehad:(1) Phillipus Johannes (my Pa); die ander
seuns se volle name het ek nie. Hulle was: (noemname):(2) Fred - sy vrou se naam
was Sophie - Hulle het vroeër jare in Springs gewoon en hy was verbonde aan die
spoorweë. Sover ek kan onthou het hulle twee seuns gehad.(3) Gert - sy vrou se
naam was Susan en hulle het sover ek kan onthou net dogters (?) gehad - en was
ook verbonde aan die spoorweë. (Pietersburg?).
(4) Klein (Ek dink hy was ook Matthys Jacobus) - sy vrou se noemnaam was Sus -
en hy was ook verbonde aan die spoorweë. (5) Andries - sy vrou se naam was
Jeanette - hy het op die plaas agtergebly en later jare (in die 70's) by OTK op
Bethal gewerk. Sover ek kan vasstel is dit nog net Klein wat lewe.
Ek verlang graag inligting oor Oupa en Ouma - waar hulle gebore is en dan
addisionele inligting oor hulle voorsate. Ek sal dit waardeer as u kan help of
my miskien net verder op 'n spoor kan bring.
Kan u my ook help met 'n adres waar ek die boek van Prof FJ Labuschagne (was hy
nie vroeër verbonde aan die PU vir CHO nie?) kan bestel of koop?
Baie dankie.
MJ Labuschagne
e-pos: lusern@senwes.co.za
---Original
Message-----
From: Charmaine Templeton [mailto:charmaine@crms.co.za]
Sent: Monday, September 10, 2001 8:53 AM
To: hlabuschagne@yahoo.com
Subject: LABUSCHAGNE
Hello Herman,
Ek sal baie bly wees as jy my naam op jou e-mail lys sal sit. My afrikaans is
nie te goed nie maar ek sal darem regkom. Ek het engels groot geword en is ook
met 'n engelsman getroud. Stuur asb vir my 'n "copy" van jou inligting
wanneer jy gereed is. As jy na 'n persoon soek kan jy my die inligting stuur en
ek sal kyk wat ek het. Ek is nou opsoek na my pa se ouers. Hy was Frans
Engelbertus Labuschagne en is oorlede in 1972. Sy ouers het in Dortrecht gebly
en ek weet hy het 'n broer wat Hans genoem was en een wat Dawid genoem was. Ek
kort omtrent 2 geslagte om aan te sluit by my ander navorsing.
Ek bly in Bloemfontein en gaan baie na die argiewe hier dit is waar ek meeste
van my inligting kry.
Lappies groete,
Charmaine Templeton.
-----Original Message-----
From: Alet Swanepoel [mailto:alet@intekom.co.za]
Sent: Tuesday, July 10, 2001 5:30 PM
To: Herman Labuschagne
Subject: Combrinck/Labuschagne
Hallo Herman
Ek hoop van harte dat jy my sal kan help met die name van die ouers van my
ouma-grootjie:
Anna Susanna Johanna LABUSCHAGNE x Ladybrand OVS 24.6.1885 Willem Carel
COMBRINCK * 29.9.1853 (My grootjie) Sy was 25jr van Mynland, Ladybrand toe sy
trou, Willem was 31jr landbouer/veeboer van Rheeboksfontein, Ladybrand xx
Bloemfontein 23.6.1902 met die wewenaar Johannes Michiel HATTINGH. In die
huweliksregister word haar name slegs aangedui as Susanna Johanna LABUSCHAGNE.
Volgens Lombaard & Heese, was sy HATTINGH se eerste eggenote en dit is
foutief. Sy het net een seun uit haar eerste huwelik gehad - tweede huwelik
kinderloos. Ek kon nie daarin slaag om 'n sterfkennis vir haar te kry nie.
Sy is in Bloemfontein oorlede. Ek sal baie bly wees as jy dalk kan help
Groete
Alet Swanepoel
Paarl
|