Grondwet
Verslag 2006
Stigtingsvergadering
Aansoekvorm
Bankbesonderhede
Notule 2006-07-02
2007 Familiebyeenkoms
Notule 2007-11
Notule 2008-02

Oorsprong

In Maart 2006 is 'n historiese byeenkoms gehou by die Voortrekkermonument in Pretoria. Vir die eerste keer ooit is 'n Labuschagne familiebyeenkoms belę vir alle Labuschagnes węreldwyd. Almal wat bereik kon word was uitgenooi. Uiteindelik het 101 persone opgedaag vir 'n dag van lesings oor die oorsprong van die familie en die stand van huidige Labuschagne familienavorsing. Tydens hierdie byeenkoms is daar besluit om 'n formele familiebond te stig en om die Labuschagne byeenkoms 'n jaarlikse instelling te maak. 

Wat is die Labuschagne Familiebond?

Die Labuschagne Familiebond is 'n vrywillige assosiasie sonder winsbejag wat hom ten doel stel om kommunikasie tussen Labuschagne familielede te fasiliteer, om familienavorsing te doen, en om familie informasie en data te versamel en te bewaar. Lede van die familiebond ontvang 'n netjiese lidmaatskapsertifikaat wat pragtig lyk in 'n raam en geldig is vir een jaar.

Wie kan lid word?

Enige persoon wat die van Labuschagne voer, of wat aangetroude familie is, asook aangenome kinders, is welkom om om lidmaaskap aansoek te doen. 

Wat kos dit om aan te sluit?

Slegs 'n jaarlikse donasie word verlang en enige bedrag word met dank ontvang. Die voorgestelde teiken-bedrag beloop R50 per jaar. Dit kan per individu of per huisgesin aangebied word. Die Labuschagne bond wil niemand uitsluit op grond van bekostigbaarheid nie, maar  die bond se bedrywighede is feitlik geheel en al afhanklik van u vrywillige skenkings. 

Bank: ABSA
Rekening naam: Die Labuschagne Familiebond
Rekening nommer: 917 558 3510
Tak nommer: 625805
Kliek hier vir teks bladsy om bankbesonderhede uit te druk of hier vir aanlyn-bankbesonderhede.
Kliek hier vir 'n teks bladsy lidmaatskap aansoekvorm of hier vir 'n aan-lyn vorm.

Wie voer die familiebond aan?

Die Labuschagne Familiebond word aangevoer deur 'n bestuurskommittee wat jaarliks by 'n algemene vergadering van bondslede verkies word. Die bestuurskommittee bestaan uit 'n voorsitter, 'n vise-voorsitter, 'n tesourier, 'n sekretaris en 'n aantal algemene bondslede. Die bondslede is almal privaat individue wat hulle bondsbedrywighede onbetaald en op 'n vrywillige basis uitvoer uit liefde vir die taak.

Hoe kan u betrokke raak?

Die Labuschagne familiebond is afhanklik van die vrywillige betrokkenheid van sy lede. U ondersteuning en bywoning van aktiwiteite is uiters noodsaaklik. In die stryd teen die verlies van ons identiteit, is dit ook uiters noodsaaklik dat lede hulle bes moet doen om te probeer seker maak dat die familiebond hulle familiebesonderhede bekom. Hierdie besonderhede is nodig vir verdere uitgebreide navorsing. Voorstelle en idieë word met dank aanvaar en sal by bondsbestuursvergaderings of algemene jaarvergaderings bespreek word. 

Waar begin ek?

Stuur asseblief 'n boodskap aan Hennie Labuschagne by:

 of

om u besonderhede bekend te maak en uself te laat inskryf as 'n lid van die Labuschagne familiebond.

U familiebond lidmaatskapsertifikaat is gedruk op goeie karton en word per pos versend.

Notule 2

 

:

Kontak besonderhede:

Besoekers sedert Januarie 2007: Hit Counter

Bondbestuurskwessies:

Bondvoorsitter: Hennie Labuschagne
082 782 3210

Webtuiste en Navorsingsnavrae:

Herman Labuschagne
011 474 8094 (w)