Instruksies om by die Labuschagne Epos Geselslys
Aan te Sluit
 

Stappe:

1.            Besoek die Labuschagne Familiebond se webtuiste by www.labuschagne.biz.

2.            Kliek heel onder aan die bladsy op die Labuschagne-pos-subscribe@yahoogroups.com  skakel. Sonie hoef u eenvoudig net ‘n nuwe epos boodskap te stuur aan Labuschagne-pos-subscribe@yahoogroups.com .

3.             Indien u vanuit die webtuiste gekliek het sal ‘n epos boodskap outomaties oopmaak. Dit is nie nodig om enigiets in te tik nie. Kliek eenvoudig op “send”.

4.             ‘n Paar uur later sal u ‘n epos boodskap van die Yahoogroups bediener ontvang om u identiteit te bevestig en om seker te maak dat u wel wil aansluit. Die boodskap lees as volg: “We have received your request to join the Labuschagne-pos group hosted by Yahoo! Groups, a free, easy-to-use community service. This request will expire in 7 days. TO BECOME A MEMBER OF THE GROUP:
1) Go to the Yahoo! Groups site by clicking on this link:     
http://groups.yahoo.com/.........  
(If clicking doesn't work, "Cut" and "Paste" the line above into your Web browser's address bar.)
-OR-
2) REPLY to this email by clicking "Reply" and then "Send"    in your email program. If you did not request, or do not want, a membership in the Labuschagne-pos group, please accept our apologies and ignore this message.”

5.            Volg nou die instruksies deur of slegs “reply” te druk, en die boodskap weg te stuur (sonder om enigiets verder te skryf), of deur op die internet skakel te kliek en formeel op die Yahoo bediener te registreer. (Hierdie is ‘n beter opsie vir gebruikers wat meer internet-geletterd is aangesien dit u die opsie sal bied om bv. tydelik van die poslys af te teken as u met vakansie gaan, of om u epos adres in die toekoms self te verander, of om vir ander epos geselslyste te registreer.)

6.            Nou sal u afskrifte van alle korrespondensie ontvang op die Labuschagne eposlys. Om ‘n boodskap aan die Labuschagne epos geselsgroep te stuur hoef u ‘n epos boodskap eenvoudig te adresseer aan: Labuschagne-pos@yahoogroups.com of kliek op “reply” nadat u enige Labuschagne epos ontvang het.

7.            (Indien u meer as een epos adres het, moet u seker maak dat u aan die Labuschagne epos groep stuur vanuit die adres waarmee u geregistreer het. Dit is nie van toepassing op lede wat slegs een epos adres het nie.)

8.            Vir diegene wat belang stel: Die Labuschagne epos geselsgroep se webtuiste is www.labuschagne.yahoogroups.com. Hier het u toegang toe foto’s en argiewe sedert die geselsgroep tot stand gekom het.

9.            Geniet u deelname aan die Labuschagne epos geselsgroep!

 

:

Kontak besonderhede:

Besoekers sedert Januarie 2007: Hit Counter

Bondbestuurskwessies:

Bondvoorsitter: Hennie Labuschagne
082 782 3210

Webtuiste en Navorsingsnavrae:

Herman Labuschagne
011 474 8094 (w)