|
|
|
|
Familie KontakbesonderhedeWees asseblief geduldig. Hierdie vorm is in 'n toets-fase. Die Labuschagne kontakdatabasis word deur die familiebond in stand gehou sodat familielede gekontak kan word met belangrike nuus en nuwe informasie, soos bv. uitnodigings na die jaarlike familiebyeenkoms. Die taak om kontak te hou is dikwels baie moeilik omdat baie mense se telefoon nommers, epos adresse en ander kontakbesonderhede sonder kennisgewing verander. Boonop is daar baie familielede wat identiese voorname of noemname het, en wat boonop soms nog uit dieselfde streek afkomstig is. Om hierdie rede word familielede versoek om asseblief so volledig moontlik hul kontakbesonderhede te verstrek. Die familiebond se beleid is om alle persoonlike inligting konfidensieël te hou. Familielede wat die beste in kontak wil bly word aangemoedig om by die Labuschagne epos geselslys aan te sluit. Labuschagne Familiebond.
|
|
:
|