Labuschagne
References From Various Published Sources
Please
let me know if any of the
people mentioned here can be identified. It is important that we try
to establish who they were if we want to add more meaning and value to
recorded history.
20
Januarie.
Byna
die hele nag gereën, maar die son het skoon opgekom. Geen slaap
gehad. Ons is 'n uur van komdt. Schoeman se kamp. Mnr. Schild gaan
voort met die skotskar, en ek draai weg na die plaas van mnr. Moolman
om met mnr. S. Louw te praat; ek wil vir 'n tyd by hom aansluit. Het
alles gereed om by hom te kom ná ek afgehandel sou wees met dr.
Neethling se tog na Pelgrimsrus. Komdt. Schoeman is uit met sy wagte
om Lydenburg te inspekteer. Mev.
S. is siek in die bed.
Ek
kry toe van mev. Moolman 'n brood, 'n stuk vleis, 'n pond botter en 'n
blikkie ingemaakte melk. Ná
drie dae sonder vleis het ons 'n feesmaal gehad. By
die heliografis van komdt. S. het ons nuus gekry. Genl. Beyers het
Suurfontein en Kaalfontein ingeneem; geen besonderhede. Ook was daar
nuus van komdt.-genl. De Wet. "Geen verandering in die posisie
van Engelse of burgers vandat ek hier is, half Desember."
Present
van mev. komdt. S. 'n Stuk beesvleis, 'n brood, 'n kan melk, 'n
halfpond tee, 'n beker suiker. Tee het ons laas by Hectorspruit, en
suiker by Houtbosberg gehad in September 1900.
Om
neënuur vm. Schoemans laer verlaat. Halt vir middagete in
Watervalskloof, halfweg tussen Hoë- en Laeveld. Die natuur verskil
grootliks van die Hoëveld, met hoë gras en dik bosse; langs die pad
duur dit geen tien minute of jy hoor weer 'n waterval. [Voetnota: Die
Watervalsrivier het sy oorsprong in die Steenkampsherg Van daar val
dit 3,000 voet, om uiteindelik onder in die Bosveld by die
Olifantsrivier aan te sluit.]
Brandhout is volop sodat ek vir minstens ag dae geen droë mis hoef in
te samel vir koskook nie. Die son is baie warm, maar dit pla my nie.
Ek lê onder 'n dik koel bos en skryf, en voor my is 'n beker tee met
koeimelk en suiker daarin. Wat kan die mensesiel meer verlang?
Onder
die berg uitgespan by Labuschagne,
en 'n klein seiltjie geleen vir oordekking van die kar. Die ou heer
het ons baie vriendelik onthaal en 'n sloop appels en 'n sopie
stamvrugbrandewyn gegee - wat baie goed gesmaak het. Brandewyn is
lankal nie meer in die laer nie, ook geen druppel by die ambulans. Die
nag by Naudé, Kolonialer, geslaap.
Bron:
OORLOGSDAGBOEK van ‘n Transvaalse burger te velde 1900 – 1901 met
inleiding en aantekeninge deur .E.R Tafelberg-Uitgewers Beperk
Kaapstad. 1976 (Tweede uitgawe, eerste druk)., Bl. 125-126
***
“By
Krugerspos het ons in die grootpad van Lydenburg na Pelgrimsrus gekom.
Die aandtrek was van Krugerspos oor die laer van komdt. Swart,
langs Ohrigstadrivier tot onder die berg voor Pelgrimsrus.
24
Januarie. Pelgrimsrus om vieruur, moeg en gedaan van bergop en -af te
loop, voete seer. Op weg het dit my geluk om by 'n trekboer sool-,
oorleer en naairiempies vir skoene te koop. Gevra deur die
krygskommandant alhier om by hom aan huis te eet solank ons hier bly.
25
Januarie.Vanaand uitgespan bo-op die berg. Doodmoeg van die berg
uitloop. Die skotskar is propvol; ek het goed geslaag met die verkry
van benodigdhede vir gewondes. Die apteek, waarvan die baas 'n
uitlander is, is vir ons oopgemaak deur die vrederegter. Mev. Munro
(haar man is op kommando) het ons 'n groot bondel lakens en ou
linne gegee wat sy vir verbindsels bymekaar gemaak het; ook beskuit,
"beeftea", jam, en n bietjie suiker wat sy nog gehad het,
vir ons gewondes. Mev. Munro is 'n Engelse dame rnaar het my meer te
hulp gekom dan vroue van Afrikaners in Pelgrimsrus.
Van vrederegter Minnaar het ons vyftig pond koffie gekry. In
die winkels was daar byna niks wat ons kon koop nie.
Mnr. Barter ('n Engelsman) is krygskommissaris.
Hy het sy uiterste gedoen om my te help. Almal wat ek teenkom,
spreek met lof van hom; hy het hard gewerk vir ons kommando's.
Amptelik is berig dat genl. Beyers Suurfontein en Kaalfontein ingeneem
het, stasies tussen Elandsfontein en Pretoria. Drie belaaide treine is
geneem ten weste van Middelburg; daarop was koffie, suiker, rys, tee,
ens. Die treine is geneem deur Trichardt-verkenners.
26
Januarie. Vanaand by die laer van komdt. Swart. Vanmôre uitgespan by
die plaas van Diederik Muller, by 'n meul. Met mooipraat het ek 'n mud
meel vir £1 10s. gekoop v,ir die gewondes, en stamvrugtebrandewyn van
n boer wat aan stook was teen 6s. per bottel. In
die namiddag uitgespan by ene Esterhuizen, vroeër van Caledon,
Kaapkolonie. Van hom het ek gekoop tien pond tabak, teen Is. per pond.
My eerste groen mielies het ek hier gekry, 'n kooksel present.
27
Januarie. Geen suiker of koffie van komdt. Swart vir die gewondes nie.
Hy beweer dat hy geen greintjie suiker het nie, nieteenstaande
dat 'n koppie koffie wat ek by sy tent gedrink het, vir my te soet
was. Sy
laer is 200 man. Hy het baie perde aan perdesiekte verloor. Van
hierdie kamp kan gesien word Krugerspos, die plaas van Abel Erasmus;
ook Engelse brandwagposisies en twee kanonforte.
Ons is twee uur van Lydenburg. Oggendete
vroeg, toe
na mnr.
Jakob Breytenbach, 'n halfuur ver.
Ds. en mev. Neethling is nog by hulle. Daar was 'n hewige
donderstorm; die weer het viermaal op die aarde geslaan in die
nabyheid van die huis. Het
medisyne aan mev. Breytenbach gegee.
My vooros is kruppel. Die weer is nog dreigend.
28
Januarie. Met dagbreek van mnr. Jakob Breytenbach weg. Hy het ons die
berg uit gehelp, en my 'n kissie beskuit vir dr. Neethling gegee, en
een vir maj. Wolmarans. Oor
die Klipkloof was die hitte ondraaglik. Anderhalfuur het ons uitgespan
by Spekboomdrif. Teen donker begin die weer weer op te steek, met
stortreën later, donder en blits, aaklig.
Ons het die osse aan borne vasgemaak en onder die kar geskuil,
tot die reën ons om neënuur kans gegee het om te slaap. Gelukkig
had ek 'n seiltjie om die goed mee toe te dek.
Januarie.
Ingespan met dagbreek en getrek tot by Frans Beetjes. Oggendete,
koffie en brood; geen vleis te kry nie behalwe wat geskiet kon word,
en dit val maar moeilik in hoë gras en dik bosse. Ek het 'n fisant
uit 'n boom geskiet, en dit het ons vir middagete gehad op die plaas
van mnr. Naudé.
Hy was reeds weg
na die Hoëveld, en die Kaffers het woning en lande opgepas. Daar was
ook soveel perskes en turksvye as ons kon eet en meeneem. Korn met
mooiweer by Labuschagne
aan.”
Bron: OORLOGSDAGBOEK
van ‘n Transvaalse burger te velde 1900 – 1901 met inleiding en
aantekeninge deur .E.R Tafelberg-Uitgewers Beperk Kaapstad. 1976
(Tweede uitgawe, eerste druk) Bl. 129-130.
***
Albert
Kuyt skryf in sy boek, “Transvaalse Gister,” die volgende:
“Waar
ek so-ewe van die veldkornet melding gemaak het, moet ek 'n paar
oomblikke by sy persoon stilstaan, want in later jare sou ek dikwels
en lank intiem met hom saamwerk. Hy was 'n unieke, waardige en
hoogstaande figuur wat in eervolle gedagtenis gehou moet word. Die
veldkornet was Jozua Adriaan Joubert, algemeen bekend as Rooi Jozua.
Hy was die opvolger van die hoog-aangeskrewe, maar bejaarde
veldkornet G. P. Brits, snr.
As
n seun het ek oom Jozua dikwels by sy ouers se huis wat naby ons
woning op Wakkerstroom was, gesien. Hy was toe reeds 'n man van amper
middelbare leeftyd, met 'n indrukwekkende voorkoms wat deur 'n lang
rooi baard, helderblou oë, hoë voorhoof en 'n diep basstem nog
verhoog is, 'Hy het die indruk gemaak dat hy 'n streng en ernstige man
was, wat ook die geval was, maar tog was hy daarby mensliewend
en kon helder en smaaklik oor iets grappigs saamlag.
Dit
was algemeen bekend dat toe die jong Swaziekoning Umbandine in 1877
deur Gert Rudolph vergesel van komdt. Krisjan Joubert namens die Z.A.
Republiek-regering ‘gesalf' moes word, oom Jozua een van die
begeleidende kommandoburgers was.
Dit
mag van belang wees om iets oor die salwing wat maar 'n vae en g'n
werklike aanduiding van die seremonie was nie, mee te deel. Die
burgermag van enige honderde sterk, het onder komdt. Krisjan Joubert,
later hoof van mynwese, gestaan. Oom Hans Gouws, wat nou reeds die
neëntig jare gepasseer het en wat saam met die ekspedisie was, deel
my daaromtrent deur tant Sannie, mevrou die weduwee senator Joubert,
later getroud met oom Izak Labuschagne, een van
Wakkerstroom se mees prominente skaapboere, die volgende mee.'
“Op
die 2e Junie 1873 is ons hier (uit die Wakkerstroomse distrik) weg.
Ons was 'n perdekommando van iets oor die 200 man. Ons was
opgekommandeer om te gaan. Umbandine is op of omtrent die 10e Junie
1873 uitgeroep tot koning van die Swazies deur Gert Rudolph van Natal
(Utrecht) namens die Republiek. Die hele Swazievolk was teenwoordig.
Daar was 'n platform gemaak en Gert Rudolph en Umbandine het bo-op
gestaan toe hy as koning uitgeroep is. Ons mense het by die platform
gestaan en dan die Kaffers verderom. Umbandine was ongeveer 18 jaar
oud. Na die plegtigheid is daar vet osse geslag en almal het toe
vleis gebraai.
“Die
volgende dag het Umbandine drie van sy hoofde saamgestuur om die lyn
van Swazieland te gaan afbaken. Daar het toe vyf man saamgegaan. Ons
het in Holnek begin met die bakens tot by die Lebomboberge. Die name
van die vyf man was G. Rudolph, F. Koch, J. A. Joubert, C.
Birkenstock, Hans Gouws.
'n
Agttal jare daarna moes die “salwing" van die jong Zulukoning,
Dinizulu plaasvind. (Dit was tydens die Sibepu-insident). Ook daaraan
het Jozua Joubert deelgeneem.
Betreffende
hierdie gebeurtenis, waarop ek later in 'n ander skets hoop terug te
kom, deel sy broer Izak, wat ook saam was, my die een en ander mee.
Dinizulu
was ‘n jong kaffertjie van sowat 17 of 18 jaar. Hy het in die
bekende riempiesbekleedsel by die laer rondgeloop. Toe die eintlike
seremonie moes plaasvind, is van 'n bokwa gebruik gemaak waarop die
lede van die kommissie plaasgeneem het. Wyle D. C. Uys (Swart Dirk)
was hulle voorsitter.
Volgens
kol. Schiel is die kroningsproklamasie deur hom namens die kommissie
voorgelees, waarby hy die papier in een hand gehou het en met die
ander is die olie op die jong koning se kop uitgegiet. Oom Izak weet
te vertel dat Umyamane, Umdabuko en Dabulamanzi aanvoerders en
familiebetrekkings van wyle koning Cetchwayo ook teenwoordig was.
Kort
daarna het die gevegte teen Isibepu plaasgevind. Die boere wat
Dinizulu ondersteun het, is deur kommandant Lukas Meyer, voorheen
landdros van Utrecht en L. Botha as veldkornet, aangevoer. Dit was
algemeen bekend dat oom Jozua by Laingsnek gewond is, maar in 1882
weer aan die Mapoch-ekspedisie kon deelneem.
As 'n jong geslag het ons na sulke persone soos hy opgesien.
Daardie regmatige respek het hy deur die jare heen steeds geniet,
nieteenstaande baie lotswisselings met gevolglike wysigings by die
behandeling van nuwe en onbekende probleme wat 'n jong volkie moes
aanpak en oplos. Die
suiwer Afrikaanse tradisie was mos steeds om hulle beproefde
voorgangers te eer, al was daar ook in verskillende rigtings 'n
onderskeid van opvatting.
Tydens
my verblyf op Platberg het ek veldkornet Joubert af en toe onder
telkens gewysigde omstandighede. ontmoet en op vergaderings bygestaan.
Eendag was daar op Amersfoort 'n groot vergadering van 'n nuwe
ding, nI. die Nasionale Unie. Wie algar daarin betrokke was, weet ek
nou nie meer nie, maar die enkeles wat my nog voorstaan, het reeds
he'engegaan. Die eintlike doel het ek, en vermoedelik die meeste met
my, nie begryp nie. Wat my wel duidelik was, is die indruk dat die
goue eeu nou vir algar sou aanbreek. Boer en mynwerker sou gelykop
floreer!
Hulle
het my by die vergadering ingeroep om klerklike hulp te verleen, Op
die vergadering het dit warm toegegaan, ma'ar toe een persoon
president Kruger skerp aanval en na hom verwys as 'n vark, was dit vir
my tog te erg.
My
jong gemoed kon dit eenvoudig nie verkrop nie en ek het sommer
opgestaan en weggegaan met die opmerking dat ek nie op 'n plek wil
wees waar ons staatshoof so beledig word nie.
Behalwe
daardie vergadering is lokaal min meer van die beweging gehoor. Die
Transvaalse gemoed het nie van sulke luidrugtigheid gehou nie.
By terugkeer op, die plaas het oom Jan my 'n kompliment vir die
openhartige optrede gemaak, ofskoon ek die regte gang van sake selfs
toe nog nie mooi besef het nie. Omdat die volk se opvatting van sake
oor die algemeen steeds waardig was, kon die oubaas die nuwe
lawaaierigheid nie verdra nie. Dit was vir my duidelik.”
“Aangesien
ek ingestem het om een van Wakkerstroorn se dertiental uit te maak,
moes ek die pligte wat hieraan verbonde was, vervul.
Die belangrikste daarvan was destyds orn die reeds genoemde
kommandant J. A. Joubert te nader met ‘n versoek om deelname aan die
volkskonsolidasie. Hierdie stoere, figuur, 'n gebore Potchefstromer,
het aan ons klein Transvaalse volkie behoort. Meer bepaald, was hy
Wakkerstroom se man.
Hy
het steeds groot Voortrekkerideale oorgedra, uitgeleef en sodoende vir
die nageslag bevestig. Of hulle dit wou aanvaar, is 'n ander saak. Hy
het die ‘gawe' gehad om op alles die volk se stempel, soos hy dit
gesien het, onmiskenbaar af te druk. Met vrymoedigheid kon hy 'n
selfstandige houding inneem, waarby hy nie omgegee het om in die
minderheid te wees nie, solank sy houding slegs eerlik was.
Wat
'n mistroostige en afgesonderde klompie mense sou ons baanbrekers vir
die nageslag gewees het as uit hulle' g'n manne en vroue gespruit
het wat die krag van hulle voorgangers aan later geslagte kenbaar sou
maak nie! Ou Rooie was 'n getroue figuur onder daaroordraers.
Reeds
'n tyd voor die uitbreek van die groot Engelse oorlog het Joubert die
agtenswaardige kommandant, Andries L. Pretorius, 'n veteraan van die
ou garde, as sodanig opgevolg en tydens die Jameson- en
Mojadji-ekspedisies in sy nuwe amp diens gedoen.
Toe
die republikeinse gemoedere danig opgewonde geword het o'or die
dreigende Engelse oorlogswolke, het komdt. Joubert byna as ‘n
enkeling te kenne gegee dat volgens sy mening die stryd te ongelyk sou
wees om met sukses vir die republieke bekroon te word. Dit het hom in
die dae van opwinding seker nie populêr gemaak nie. Ons wou mos algar
net gaan "bananas eet."
Maar
toe die worsteling aangevang is, het sy taalskat slegs uit een woord
bestaan: ‘Veg'!
By
Tugela is hy op die steeds dieper indringende republikeinse voorpunt
gewond. Op sy ryperd is
hy na die agterlinies gevoer. Die bloed het by sy s'aal afgetap.
“Rooi
bul, rooi bul van Wakkerstroom!"
Dit was die spontane burgerhulde.
Nouliks
'n jaar daarna het hy, soos reeds vermeld, by Amersfoort nog 'n
ernstige verwonding opgedoen.
Dit was
welbekend dat in die later deel van die stryd generaal Botha en hy nie
altyd langs een vuurtjie gesit het nie. As 'n man van weinig woorde
was sy mond daaroor egter geluit. Na sy terugkeer uit die
krygsgevangenskap het hy met sy verminkte liggaarn nie alleen weer 'n
boerdery aan die gang gesit nie, maar ofskoon self verarm, het; hy
ander ook waar daartoe 'n kans was, gehelp. Sy vrou, S. E. J. Joubert,
geb. Rudolph, flink en hardwerkend:- later hertrou met oom I.
Labuschagne, een van Wakkerstroom se belangrikste skaapboere;
het hom steeds trou bygestaan. Van daardie tye af het ek 'n baie nou
omgang met oom Jozua' gehad. Oor allerhande sake kon, ek vry met hom
redeneer en verskil van opvatting het hy steeds gebillik. Ofskoon hy
nou onthef was van allerlei openbare verpligtings, het hy tans sy
kerk, die C.N.O.skool en die lot van verarmdes as terreine vir
bedrywighede uitgekies. Sy hart was daarvoor op die.regte plek.Na my
bespreking met die kommandant oor die beoogde volksbeweging het hy 'n
kongres wat die boerevoormanne op Heidelberg gehou het, bygewoon
[onleesbaar] opAmersfoort 'n groot plaaslike vergadering belê waarop
die stigting van “Het” [Rekord ontbreek van hier af. Die laaste
woord verwys waarskynlik na die stigting van die “Het Volk Party.”
–HL] –Transvaalse Gister., Albert Kuyt. Ongeveer bl. 87.
***
“Die
Australiërs was baie skaam en lord Kitchener kwaad dat die Hoëvelders
sy kolonne so verniel het by Wilmansrust. Al hoe meer kolonnes en
versterkings is die Oostelike Hoëveld ingestuur, “vangkrale” is
met stewige blokhuislinies versterk en wee diegene wat op eie werf
betrap is.
So
vertel oom Albert van Rensburg van een van sy ou kommandomaats: “Hulle
het die nag vir ou Labuschagne gevang. Hy het altyd vir sy ma wat
daar bokant op Bekkersrus gewoon het, kos weggeneem en dan slaap hy
die nag daar. Ek het baie vir hom gesê: “Ou Dolf, hulle vang jou nog
een nag daar by die huis,” maar die ou het hom nie daaraan gesteur
nie. Een nag het die Engelse hom daar betrap, en net toe hy in 'n
mielielandjie wou inhardloop, het hulle hom gevang. Dit sou sleg met hom
gegaan het as sy toneelspel nie so goed was nie. Hulle het hom aangeja
tot op 'n vlaktetjie waar hulle gaan sit en eet het. Hy beduie vir die
wag wat hom opgepas het, dat hy met al die offisiere wou praat. Hy het
natuurlik gedink oom Dolf wou hulle mooi dinge vertel.” Bron:
OPSAAL,
Herinneringe
aan die Tweede Vryheidsoorlog., W.H.
H.ACKERMANN., 1969., Voortrekkerpers., Johannesburg., bl. 47.
***
Labuschagne's Nek
Who
knows where this name came from? If you have any idea, please let Herman
know at mellivora@hotmail.com
"Yesterday,
30th inst., Captain Montmorency, whilst reconnoitring with 120 men in
the direction of Labuschagne's Nek, eight miles north of
Dordrecht, encountered a body of the enemy, who opened fire, which was
quickly returned by the British. Fighting lasted six hours, when the
enemy brought up strong reinforcements and artillery. Captain
Montmorency fell back, taking up a defensive position nearer Dordrecht,
whereupon the Boers retired. Our casualties are not yet fully
known." -- Cape Times Weekly Edition, January 3, 1900, Page 4,
col. 3. Dateline, Sterkstroom Military Camp, December 31, 9.30 A.M.

Source: Cape Times Weekly
articles kindly contributed by Ken Hallock, USA.
***
Cape
Times Weekly Edition 10/04/01
Page 19.
Treason Court. Barkly East. Cases to be tried.
"Gert Jacobus Labuschagne, high treason and theft."
***
Cape
Times Weekly Edition 07/11/00
Page 19.
A special court setting bail for persons in custody for treason and
political offences. Bail
would be for 2,000 pounds with two sureties of 500 pounds and condition
the applicant shall reside on his farm.
>From the district of Albert: "Hendrik Josephus Labuschagne.
– Mr. McGregor appeared for the
applicant. – Mr. Innes
consented."
>From Wodehouse District: "Pieter Andries Labuschagne.
– Mr. Burton appeared for the applicant.
– Mr. Innes consented."
***
Cape
Times Weekly Edition 12/09/00
Page 32.
The following Boer P.O.W., captured at Fouriesburg by
General Hunter, embarked for Ceylon on board the S.S.
Bavarian:
Labuschagne, Herklaas Johannes, Moroka
Labuschagne, Hendrick Jacobus, Moroka
Labuschagne, Pieter Johannes, Rouxville
Labuschagne, Jacobus Ernst, Rouxville
Labuschagne, Hendrik Frederik, Rouxville
Labuschagne, Jan Frederik, Rouxville
***
London
Times 28/08/00 (Tuesday) p3b
The hospital ship Simla arrived at Table Bay on August 26, from Durban ,
for Southampton.
The Bavarian, for Colombo, left Natal on Aug.
25.
***
Cape
Times Weekly Edition, August 29, 1900, page 28.
P.O.W. captured at Fouriesburg by General Hunter have embarked for
Ceylon per S.S. Ranee:
"Labuschagne, Frederik, Zastron"
"Labuschagne, Jacobus Johannes,
Wepener"
"Labuschagne, Michael Johannes,
Wepener"
***
London
Times 03/09/00 (Monday) p4c Dateline Colombo, Sept.
1.
The Ranee has arrived with the third batch of Boer prisoners.
(no numbers mentioned)
***
Cape
Times Weekly Edition 27/06/00,
Page 27.
"Boer prisoners under treatment in No. 4
General Hospital, Mooi River: Labuschagne,
Jan Harm, Krugersdorp."
***
Cape
Times Weekly Edition
11/04/00
Page 4. A long list of Boer Casualties from the battle of 6 January 1900
at Ladysmith. Included I note the following:
Killed -- P.W. Labuschagne, Pretoria
C.J. Labuschagne, Utrecht
J.H. Labuschagne, Utrecht
***
Bishop Colenso's Visit to a Labuschagne Farm--1855
Colenso, J.W. (1855), “Ten Weeks in Natal”
"Thursday,
March 2 – To-day we had rather less an interesting ride than
usual, till we came towards the banks of the Tukela.
On our way to it, we stopped at one or two houses; one, that of
an Englishman, who has married a Dutch wife, and almost, if not quite,
become a Dutchman himself. Here
we received all hospitable attentions, as usual; and passed on our way
in front of a chapel, built by the Dutch people of the neighbourhood, in
connexion with the Dutch Reformed Church, whose active an able head in
this colony is Dr. Faure, son of the venerable and excellent Dr. Faure,
Dutch minister of Capetown, whom I had the pleasure of visiting, on my
return homewards, in company with the Bishop of Capetown.
Very near the Tukela, we came to the thriving farm of Mr.
Labuscagne, whose name (like those of many others in this colony as
De Plessis, Marias, De Ligne, etc.) betrays indications of French
origin; and, indeed, it is known that a great number of French
Protestants landed and settled at the Cape, after the revocation of the
Edict of Nantes. While I
entered after a genial welcome from the hearty Dutchman, Mr. Shepstone
stopped behind to talk to him; and I found the kitchen full of Dutch
lads and lasses, with whom I shook hands, but, alas! had not a word to
say to them. (I must try to
remedy this defect by the time I make my next visit.)
At last I discerned, seated in a chair at the further end of the
room, an upright motionless form, as I thought, of a sick old lady –
no doubt, the lady of the house. So,
walking cautiously up to her, and taking the hand, which was feebly held
out to me, I sat down beside her, and smiled in compassion for the poor
dame’s infirmity. I was
rather surprised, however, to find before long, that this was only a
proper part of Dutch ceremony. The
good vrouw was as brisk and healthy as myself, and the mother of a large
family as you would wish to look upon.
She had been bustling about at the door, among her young men and
maidens, as we approached; and had only just time to seat herself, and
assume her position of dignity, when I entered the kitchen.
Very many thanks did we owe the kind dame that night, for her
bountiful supply of milk and other comforts for our supper."
Quote kindly
contributed by Brian Hall. He adds, "When
Colenso wrote this he was travelling from the Emmaus Mission near
Bergville to cross the Tugela at what most people believe was Colenso on
his way to Ladysmith. It is not clear if this is correct because going
to Colenso would not have been the shortest route....he could have
crossed the Tugela at Potgieter's Drift."
|