Labuschagne References From Various Published Sources

Please let me know if any of the people mentioned here can be identified. It is important that we try to establish who they were if we want to add more meaning and value to recorded history.

 20 Januarie.

Byna die hele nag gereën, maar die son het skoon opgekom. Geen slaap gehad. Ons is 'n uur van komdt. Schoeman se kamp. Mnr. Schild gaan voort met die skotskar, en ek draai weg na die plaas van mnr. Moolman om met mnr. S. Louw te praat; ek wil vir 'n tyd by hom aansluit. Het alles gereed om by hom te kom ná ek afgehandel sou wees met dr. Neethling se tog na Pelgrimsrus. Komdt. Schoeman is uit met sy wagte om Lydenburg te inspekteer.  Mev. S. is siek in die bed. 

Ek kry toe van mev. Moolman 'n brood, 'n stuk vleis, 'n pond botter en 'n blikkie ingemaakte melk.  Ná drie dae sonder vleis het ons 'n feesmaal gehad. By die heliografis van komdt. S. het ons nuus gekry. Genl. Beyers het Suurfontein en Kaalfontein ingeneem; geen besonderhede. Ook was daar nuus van komdt.-genl. De Wet. "Geen verandering in die posisie van Engelse of burgers vandat ek hier is, half Desember."

 Present van mev. komdt. S. 'n Stuk beesvleis, 'n brood, 'n kan melk, 'n halfpond tee, 'n beker suiker. Tee het ons laas by Hectorspruit, en suiker by Houtbosberg gehad in September 1900.

 Om neënuur vm. Schoemans laer verlaat. Halt vir middagete in Watervalskloof, halfweg tussen Hoë- en Laeveld. Die natuur verskil grootliks van die Hoëveld, met hoë gras en dik bosse; langs die pad duur dit geen tien minute of jy hoor weer 'n waterval. [Voetnota: Die Watervalsrivier het sy oorsprong in die Steenkampsherg Van daar val dit 3,000 voet, om uiteindelik onder in die Bosveld by die Olifantsrivier aan te sluit.] Brandhout is volop sodat ek vir minstens ag dae geen droë mis hoef in te samel vir koskook nie. Die son is baie warm, maar dit pla my nie. Ek lê onder 'n dik koel bos en skryf, en voor my is 'n beker tee met koeimelk en suiker daarin. Wat kan die mensesiel meer verlang?

 Onder die berg uitgespan by Labuschagne, en 'n klein seiltjie geleen vir oordekking van die kar. Die ou heer het ons baie vriendelik onthaal en 'n sloop appels en 'n sopie stamvrugbrandewyn gegee - wat baie goed gesmaak het. Brandewyn is lankal nie meer in die laer nie, ook geen druppel by die ambulans. Die nag by Naudé, Kolonialer, geslaap.

Bron: OORLOGSDAGBOEK van ‘n Transvaalse burger te velde 1900 – 1901 met inleiding en aantekeninge deur .E.R Tafelberg-Uitgewers Beperk Kaapstad. 1976 (Tweede uitgawe, eerste druk)., Bl. 125-126

 *** 

“By Krugerspos het ons in die grootpad van Lydenburg na Pelgrimsrus gekom.  Die aandtrek was van Krugerspos oor die laer van komdt. Swart, langs Ohrigstadrivier tot onder die berg voor Pelgrimsrus.

 24 Januarie. Pelgrimsrus om vieruur, moeg en gedaan van bergop en -af te loop, voete seer. Op weg het dit my geluk om by 'n trekboer sool-, oorleer en naairiempies vir skoene te koop. Gevra deur die krygskommandant alhier om by hom aan huis te eet solank ons hier bly. 

25 Januarie.Vanaand uitgespan bo-op die berg. Doodmoeg van die berg uitloop. Die skotskar is propvol; ek het goed geslaag met die verkry van benodigdhede vir gewondes. Die apteek, waarvan die baas 'n uitlander is, is vir ons oopgemaak deur die vrederegter. Mev. Munro (haar man is op kommando) het ons 'n groot bondel lakens en ou linne gegee wat sy vir verbindsels bymekaar gemaak het; ook beskuit, "beeftea", jam, en n bietjie suiker wat sy nog gehad het, vir ons gewondes. Mev. Munro is 'n Engelse dame rnaar het my meer te hulp gekom dan vroue van Afrikaners in Pelgrimsrus.  Van vrederegter Minnaar het ons vyftig pond koffie gekry. In die winkels was daar byna niks wat ons kon koop nie.  Mnr. Barter ('n Engelsman) is krygskommissaris.  Hy het sy uiterste gedoen om my te help. Almal wat ek teenkom, spreek met lof van hom; hy het hard gewerk vir ons kommando's. Amptelik is berig dat genl. Beyers Suurfontein en Kaalfontein ingeneem het, stasies tussen Elandsfontein en Pretoria. Drie belaaide treine is geneem ten weste van Middelburg; daarop was koffie, suiker, rys, tee, ens. Die treine is geneem deur Trichardt-verkenners.

 26 Januarie. Vanaand by die laer van komdt. Swart. Vanmôre uitgespan by die plaas van Diederik Muller, by 'n meul. Met mooipraat het ek 'n mud meel vir £1 10s. gekoop v,ir die gewondes, en stamvrugtebrandewyn van n boer wat aan stook was teen 6s. per bottel. In die namiddag uitgespan by ene Esterhuizen, vroeër van Caledon, Kaapkolonie. Van hom het ek gekoop tien pond tabak, teen Is. per pond. My eerste groen mielies het ek hier gekry, 'n kooksel present. 

27 Januarie. Geen suiker of koffie van komdt. Swart vir die gewondes nie.  Hy beweer dat hy geen greintjie suiker het nie, nieteenstaande dat 'n koppie koffie wat ek by sy tent gedrink het, vir my te soet was. Sy laer is 200 man. Hy het baie perde aan perdesiekte verloor. Van hierdie kamp kan gesien word Krugers­pos, die plaas van Abel Erasmus; ook Engelse brandwagposisies en twee kanonforte.  Ons is twee uur van Lydenburg. Oggendete  vroeg,  toe  na  mnr.  Jakob Breytenbach, 'n halfuur ver.  Ds. en mev. Neethling is nog by hulle. Daar was 'n hewige donderstorm; die weer het viermaal op die aarde geslaan in die nabyheid van die huis.  Het medisyne aan mev. Breytenbach gegee.  My vooros is kruppel. Die weer is nog dreigend.

 28 Januarie. Met dagbreek van mnr. Jakob Breytenbach weg. Hy het ons die berg uit gehelp, en my 'n kissie beskuit vir dr. Neethling gegee, en een vir maj. Wolmarans.  Oor die Klipkloof was die hitte ondraaglik. Anderhalfuur het ons uitgespan by Spekboomdrif. Teen donker begin die weer weer op te steek, met stortreën later, donder en blits, aaklig.  Ons het die osse aan borne vasgemaak en onder die kar geskuil, tot die reën ons om neënuur kans gegee het om te slaap. Gelukkig had ek 'n seiltjie om die goed mee toe te dek.

  Januarie. Ingespan met dagbreek en getrek tot by Frans Beetjes. Oggendete, koffie en brood; geen vleis te kry nie behalwe wat geskiet kon word, en dit val maar moeilik in hoë gras en dik bosse. Ek het 'n fisant uit 'n boom geskiet, en dit het ons vir middagete gehad op die plaas van mnr. Naudé.

Hy was reeds weg na die Hoëveld, en die Kaffers het woning en lande opgepas. Daar was ook soveel perskes en turksvye as ons kon eet en meeneem. Korn met mooiweer by Labuschagne aan.” 

Bron: OORLOGSDAGBOEK van ‘n Transvaalse burger te velde 1900 – 1901 met inleiding en aantekeninge deur .E.R Tafelberg-Uitgewers Beperk Kaapstad. 1976 (Tweede uitgawe, eerste druk) Bl. 129-130.

 ***

Albert Kuyt skryf in sy boek, “Transvaalse Gister,” die volgende:

 “Waar ek so-ewe van die veldkornet melding gemaak het, moet ek 'n paar oomblikke by sy persoon stilstaan, want in later jare sou ek dikwels en lank intiem met hom saamwerk. Hy was 'n unieke, waardige en hoogstaande figuur wat in eervolle gedagtenis gehou moet word. Die veldkornet was Jozua Adriaan Joubert, algemeen bekend as Rooi Jozua. Hy was die op­volger van die hoog-aangeskrewe, maar bejaarde veldkornet G. P. Brits, snr.

As n seun het ek oom Jozua dikwels by sy ouers se huis wat naby ons woning op Wakkerstroom was, gesien. Hy was toe reeds 'n man van amper middelbare leeftyd, met 'n indrukwek­kende voorkoms wat deur 'n lang rooi baard, helderblou oë, hoë voorhoof en 'n diep basstem nog verhoog is, 'Hy het die indruk gemaak dat hy 'n streng en ernstige man was, wat ook die geval was, maar tog was hy daarby mensliewend en kon helder en smaaklik oor iets grappigs saamlag.

Dit was algemeen bekend dat toe die jong Swaziekoning Umbandine in 1877 deur Gert Rudolph vergesel van komdt. Krisjan Joubert namens die Z.A. Republiek-regering ‘gesalf' moes word, oom Jozua een van die begeleidende kom­mandoburgers was.

Dit mag van belang wees om iets oor die salwing wat maar 'n vae en g'n werklike aanduiding van die seremonie was nie, mee te deel. Die burgermag van enige honderde sterk, het onder komdt. Krisjan Joubert, later hoof van myn­wese, gestaan. Oom Hans Gouws, wat nou reeds die neën­tig jare gepasseer het en wat saam met die ekspedisie was, deel my daaromtrent deur tant Sannie, mevrou die weduwee senator Joubert, later getroud met oom Izak Labuschagne, een van Wakkerstroom se mees prominente skaapboere, die volgende mee.'

“Op die 2e Junie 1873 is ons hier (uit die Wakkerstroomse distrik) weg. Ons was 'n perde­kommando van iets oor die 200 man. Ons was opgekommandeer om te gaan. Umbandine is op of omtrent die 10e Junie 1873 uitgeroep tot koning van die Swazies deur Gert Rudolph van Natal (Utrecht) namens die Republiek. Die hele Swazievolk was teenwoordig. Daar was 'n plat­form gemaak en Gert Rudolph en Umbandine het bo-op gestaan toe hy as koning uitgeroep is. Ons mense het by die platform gestaan en dan die Kaffers verderom. Umbandine was ongeveer 18 jaar oud. Na die plegtigheid is daar vet osse ge­slag en almal het toe vleis gebraai.

“Die volgende dag het Umbandine drie van sy hoofde saamgestuur om die lyn van Swazieland te gaan afbaken. Daar het toe vyf man saamge­gaan. Ons het in Holnek begin met die bakens tot by die Lebomboberge. Die name van die vyf man was G. Rudolph, F. Koch, J. A. Joubert, C. Birkenstock, Hans Gouws.

'n Agttal jare daarna moes die “salwing" van die jong Zulukoning, Dinizulu plaasvind. (Dit was tydens die Sibepu-insident). Ook daar­aan het Jozua Joubert deelgeneem.

Betreffende hierdie gebeurtenis, waarop ek later in 'n ander skets hoop terug te kom, deel sy broer Izak, wat ook saam was, my die een en ander mee.

Dinizulu was ‘n jong kaffertjie van sowat 17 of 18 jaar. Hy het in die bekende riempiesbe­kleedsel by die laer rondgeloop. Toe die eintlike seremonie moes plaasvind, is van 'n bokwa gebruik gemaak waarop die lede van die kommissie plaasgeneem het. Wyle D. C. Uys (Swart Dirk) was hulle voorsitter.

Volgens kol. Schiel is die kroningsprokla­masie deur hom namens die kommissie voorgelees, waarby hy die papier in een hand gehou het en met die ander is die olie op die jong koning se kop uitgegiet. Oom Izak weet te vertel dat Umyamane, Umdabuko en Dabulamanzi aanvoerders en familiebetrekkings van wyle koning Cetchwayo ook teenwoordig was. 

Kort daarna het die gevegte teen Isibepu plaasgevind. Die boere wat Dinizulu ondersteun het, is deur kommandant Lukas Meyer, voorheen landdros van Utrecht en L. Botha as veldkornet, aangevoer. Dit was algemeen bekend dat oom Jozua by Laingsnek gewond is, maar in 1882 weer aan die Mapoch-ekspedisie kon deelneem.

     As 'n jong geslag het ons na sulke persone soos hy opgesien. Daardie regmatige respek het hy deur die jare heen steeds geniet, nieteenstaande baie lotswisselings met gevolglike wysigings by die behandeling van nuwe en onbekende probleme wat 'n jong volkie moes aanpak en oplos.  Die suiwer Afrikaanse tradisie was mos steeds om hulle beproefde voorgangers te eer, al was daar ook in verskillende rigtings 'n onderskeid van opvatting.

Tydens my verblyf op Platberg het ek veld­kornet Joubert af en toe onder telkens gewysigde omstandighede. ontmoet en op vergaderings bygestaan.

     Eendag was daar op Amersfoort 'n groot vergadering van 'n nuwe ding, nI. die Nasionale Unie. Wie algar daarin betrokke was, weet ek nou nie meer nie, maar die enkeles wat my nog voorstaan, het reeds he'engegaan. Die eintlike doel het ek, en vermoedelik die meeste met my, nie begryp nie. Wat my wel duidelik was, is die indruk dat die goue eeu nou vir algar sou aan­breek. Boer en mynwerker sou gelykop floreer!

Hulle het my by die vergadering ingeroep om klerklike hulp te verleen, Op die vergadering het dit warm toegegaan, ma'ar toe een persoon president Kruger skerp aanval en na hom verwys as 'n vark, was dit vir my tog te erg.

My jong gemoed kon dit eenvoudig nie verkrop nie en ek het sommer opgestaan en weggegaan met die opmerking dat ek nie op 'n plek wil wees waar ons staatshoof so beledig word nie.

Behalwe daardie vergadering is lokaal min meer van die beweging gehoor. Die Transvaalse gemoed het nie van sulke luidrugtigheid gehou nie.  By terugkeer op, die plaas het oom Jan my 'n kompliment vir die openhartige optrede gemaak, ofskoon ek die regte gang van sake selfs toe nog nie mooi besef het nie. Omdat die volk se opvatting van sake oor die algemeen steeds waardig was, kon die oubaas die nuwe lawaaierigheid nie verdra nie. Dit was vir my duidelik.”

 “Aangesien ek ingestem het om een van Wak­kerstroorn se dertiental uit te maak, moes ek die pligte wat hieraan verbonde was, vervul.  Die belangrikste daarvan was destyds orn die reeds genoemde kommandant J. A. Joubert te nader met ‘n versoek om deelname aan die volkskonsolidasie. Hierdie stoere, figuur, 'n gebore Potchefstromer, het aan ons klein Transvaalse volkie behoort. Meer bepaald, was hy Wakkerstroom se man.          

Hy het steeds groot Voortrekkerideale oorgedra, uitgeleef en sodoende vir die nageslag bevestig. Of hulle dit wou aanvaar, is 'n ander saak. Hy het die ‘gawe' gehad om op alles die volk se stempel, soos hy dit gesien het, onmisken­baar af te druk. Met vrymoedigheid kon hy 'n selfstandige houding inneem, waarby hy nie omgegee het om in die minderheid te wees nie, solank sy houding slegs eerlik was.

Wat 'n mistroostige en afgesonderde klompie mense sou ons baanbrekers vir die nageslag gewees het as uit hulle' g'n manne en vroue ge­spruit het wat die krag van hulle voorgangers aan later geslagte kenbaar sou maak nie! Ou Rooie was 'n getroue figuur onder daar­oordraers.

Reeds 'n tyd voor die uitbreek van die groot Engelse oorlog het Joubert die agtenswaardige kommandant, Andries L. Pretorius, 'n veteraan van die ou garde, as sodanig opgevolg en tydens die Jameson- en  Mojadji-ekspedisies in sy nuwe amp diens gedoen.

Toe die republikeinse gemoedere danig opgewonde geword het o'or die dreigende Engelse oorlogswolke, het komdt. Joubert byna as ‘n enkeling te kenne gegee dat volgens sy mening die stryd te ongelyk sou wees om met sukses vir die republieke bekroon te word. Dit het hom in die dae van opwinding seker nie populêr gemaak nie. Ons wou mos algar net gaan "bananas eet."

Maar toe die worsteling aangevang is, het sy taalskat slegs uit een woord bestaan: ‘Veg'!

By Tugela is hy op die steeds dieper indringende republikeinse voorpunt gewond.  Op sy ryperd is hy na die agterlinies gevoer. Die bloed het by sy s'aal afgetap.

“Rooi bul, rooi bul van Wakkerstroom!"
Dit was die spontane burgerhulde.

Nouliks 'n jaar daarna het hy, soos reeds vermeld, by Amersfoort nog 'n ernstige verwonding opgedoen.

Dit was welbekend dat in die later deel van die stryd generaal Botha en hy nie altyd langs een vuurtjie gesit het nie. As 'n man van weinig woorde was sy mond daaroor egter geluit. Na sy terugkeer uit die krygsgevangenskap het hy met sy verminkte liggaarn nie alleen weer 'n boerdery aan die gang gesit nie, maar ofskoon self verarm, het; hy ander ook waar daartoe 'n kans was, gehelp. Sy vrou, S. E. J. Joubert, geb. Rudolph, flink en hardwerkend:- later hertrou met oom I. Labuschagne, een van Wakkerstroom se belang­rikste skaapboere; het hom steeds trou bygestaan. Van daardie tye af het ek 'n baie nou om­gang met oom Jozua' gehad. Oor allerhande sake kon, ek vry met hom redeneer en verskil van opvatting het hy steeds gebillik. Ofskoon hy nou onthef was van allerlei openbare verpligtings, het hy tans sy kerk, die C.N.O.­skool en die lot van verarmdes as terreine vir bedrywighede uitgekies. Sy hart was daarvoor op die.regte plek.Na my bespreking met die kommandant oor die beoogde volksbeweging het hy 'n kongres wat die boerevoormanne op Heidelberg gehou het, bygewoon [onleesbaar] opAmersfoort 'n groot plaaslike vergadering belê waarop die stigting van “Het” [Rekord ontbreek van hier af. Die laaste woord verwys waarskynlik na die stigting van die “Het Volk Party.” –HL] –Transvaalse Gister., Albert Kuyt. Ongeveer bl. 87.

  ***

“Die Australiërs was baie skaam en lord Kitchener kwaad dat die Hoëvelders sy kolonne so verniel het by Wilmansrust. Al hoe meer kolonnes en versterkings is die Oostelike Hoë­veld ingestuur, “vangkrale” is met stewige blokhuislinies versterk en wee diegene wat op eie werf betrap is.

So vertel oom Albert van Rensburg van een van sy ou kommandomaats: “Hulle het die nag vir ou Labuschagne gevang. Hy het altyd vir sy ma wat daar bokant op Bekkers­rus gewoon het, kos weggeneem en dan slaap hy die nag daar. Ek het baie vir hom gesê: “Ou Dolf, hulle vang jou nog een nag daar by die huis,” maar die ou het hom nie daaraan gesteur nie. Een nag het die Engelse hom daar betrap, en net toe hy in 'n mielielandjie wou inhardloop, het hulle hom gevang. Dit sou sleg met hom gegaan het as sy toneelspel nie so goed was nie. Hulle het hom aangeja tot op 'n vlaktetjie waar hulle gaan sit en eet het. Hy beduie vir die wag wat hom opgepas het, dat hy met al die offisiere wou praat. Hy het natuurlik gedink oom Dolf wou hulle mooi dinge vertel.” Bron: OPSAAL, Herinneringe aan die Tweede Vryheidsoorlog., W.H.  H.ACKERMANN., 1969., Voortrekkerpers., Johannesburg., bl. 47.

  ***  
Labuschagne's Nek

Who knows where this name came from? If you have any idea, please let Herman know at mellivora@hotmail.com 

"Yesterday, 30th inst., Captain Montmorency, whilst reconnoitring with 120 men in the direction of Labuschagne's Nek, eight miles north of Dordrecht, encountered a body of the enemy, who opened fire, which was quickly returned by the British. Fighting lasted six hours, when the enemy brought up strong reinforcements and artillery. Captain Montmorency fell back, taking up a defensive position nearer Dordrecht, whereupon the Boers retired. Our casualties are not yet fully known." -- Cape Times Weekly Edition, January 3, 1900, Page 4, col. 3. Dateline, Sterkstroom Military Camp, December 31, 9.30 A.M.  

CTWE, 14-03-00, p-2, col-4.jpg (302120 bytes) CTWE, 14-03-00, p-4, col-5+.jpg (213704 bytes) CTWE, 14-03-00, p-5, col-3.jpg (335674 bytes) CTWE, 21-03-00, p-1, col-5.jpg (209685 bytes)

Source: Cape Times Weekly articles kindly contributed by Ken Hallock, USA.

  ***

Cape Times Weekly Edition    10/04/01 Page 19
Treason Court. Barkly East. Cases to be tried.
"Gert Jacobus Labuschagne, high treason and theft."

  ***

Cape Times Weekly Edition    07/11/00 Page 19. 
A special court setting bail for persons in custody for treason and political offences.  Bail would be for 2,000 pounds with two sureties of 500 pounds and condition the applicant shall reside on his farm.
>From the district of Albert: "Hendrik Josephus Labuschagne.  – Mr. McGregor appeared for
the applicant.  – Mr. Innes consented."
>From Wodehouse District: "Pieter Andries Labuschagne.  – Mr. Burton appeared for the applicant.  – Mr. Innes consented."

  ***

Cape Times Weekly Edition    12/09/00 Page 32.  
The following Boer P.O.W., captured at Fouriesburg
by General Hunter, embarked for Ceylon on board the S.S.
Bavarian:

Labuschagne, Herklaas Johannes, Moroka
Labuschagne, Hendrick Jacobus, Moroka
Labuschagne, Pieter Johannes, Rouxville
Labuschagne, Jacobus Ernst, Rouxville
Labuschagne, Hendrik Frederik, Rouxville
Labuschagne, Jan Frederik, Rouxville

  ***

London Times 28/08/00 (Tuesday) p3b 
The hospital ship Simla arrived at Table Bay on August 26, from Durban , for Southampton.
 
The Bavarian, for Colombo, left Natal on Aug.  25.

  ***

Cape Times Weekly Edition, August 29, 1900, page 28. 
P.O.W. captured at Fouriesburg by General Hunter have embarked for Ceylon per S.S. Ranee:
   
"Labuschagne, Frederik, Zastron"
   
"Labuschagne, Jacobus Johannes, Wepener"
   
"Labuschagne, Michael Johannes, Wepener"

  ***

London Times 03/09/00 (Monday) p4c Dateline Colombo, Sept.  1.  
The Ranee has arrived with the third batch of Boer prisoners.  (no numbers mentioned)

  ***

Cape Times Weekly Edition    27/06/00, Page 27.
   
"Boer prisoners under treatment in No. 4 General Hospital, Mooi River:  Labuschagne, Jan Harm, Krugersdorp."

  ***

Cape Times Weekly Edition    11/04/00
Page 4. A long list of Boer Casualties from the battle of 6 January 1900 at Ladysmith. Included I note the following: 
Killed -- P.W. Labuschagne, Pretoria 
C.J. Labuschagne, Utrecht 
J.H. Labuschagne, Utrecht

  ***
Bishop Colenso's Visit to a Labuschagne Farm--1855


Colenso, J.W. (1855), “Ten Weeks in Natal” 

"Thursday, March 2 – To-day we had rather less an interesting ride than usual, till we came towards the banks of the Tukela.  On our way to it, we stopped at one or two houses; one, that of an Englishman, who has married a Dutch wife, and almost, if not quite, become a Dutchman himself.  Here we received all hospitable attentions, as usual; and passed on our way in front of a chapel, built by the Dutch people of the neighbourhood, in connexion with the Dutch Reformed Church, whose active an able head in this colony is Dr. Faure, son of the venerable and excellent Dr. Faure, Dutch minister of Capetown, whom I had the pleasure of visiting, on my return homewards, in company with the Bishop of Capetown.  Very near the Tukela, we came to the thriving farm of Mr. Labuscagne, whose name (like those of many others in this colony as De Plessis, Marias, De Ligne, etc.) betrays indications of French origin; and, indeed, it is known that a great number of French Protestants landed and settled at the Cape, after the revocation of the Edict of Nantes.  While I entered after a genial welcome from the hearty Dutchman, Mr. Shepstone stopped behind to talk to him; and I found the kitchen full of Dutch lads and lasses, with whom I shook hands, but, alas! had not a word to say to them.  (I must try to remedy this defect by the time I make my next visit.)  At last I discerned, seated in a chair at the further end of the room, an upright motionless form, as I thought, of a sick old lady – no doubt, the lady of the house.  So, walking cautiously up to her, and taking the hand, which was feebly held out to me, I sat down beside her, and smiled in compassion for the poor dame’s infirmity.  I was rather surprised, however, to find before long, that this was only a proper part of Dutch ceremony.  The good vrouw was as brisk and healthy as myself, and the mother of a large family as you would wish to look upon.  She had been bustling about at the door, among her young men and maidens, as we approached; and had only just time to seat herself, and assume her position of dignity, when I entered the kitchen.  Very many thanks did we owe the kind dame that night, for her bountiful supply of milk and other comforts for our supper."

 

Quote kindly contributed by Brian Hall. He adds, "When Colenso wrote this he was travelling from the Emmaus Mission near Bergville to cross the Tugela at what most people believe was Colenso on his way to Ladysmith.  It is not clear if this is correct because going to Colenso would not have been the shortest route....he could have crossed the Tugela at Potgieter's Drift."

Contact: mellivora@hotmail.com 

 

:

Kontak besonderhede:

Besoekers sedert Januarie 2007: Hit Counter

Bondbestuurskwessies:

Bondvoorsitter: Hennie Labuschagne
082 782 3210

Webtuiste en Navorsingsnavrae:

Herman Labuschagne
011 474 8094 (w)